Sjokolade vir die pyn
Yolanda Nel
Die hond hardloop met sy vuil pote oor die skoon vloer en die kind gooi sy hele bak kos op die vloer neer. Hond dink dit is Kersfees en eet van die vloer af, terwyl sy stert van opwinding waai.
Die einde van die jaar is in sig. Almal is moeg en moedeloos. Die deadlines hou nie op nie en die Desembervakansie kan nie gou genoeg aanbreek nie.
Na ’n lang dag grawe ek deur die koskaste en wonder wat daar vanaand te ete gaan wees, toe ek die rooi papiertjie sien. Lindt. O, die saligheid. Ek gaan val op die bank neer en die melksjokolade smelt in my mond. Daarna pla die vuil kombuisvloere my glad nie meer nie.
Vir jare al word ons bederf met opsies: wit-, melk- of donkersjokolade. Soms met rissies of lemoenskil, ander kere met neute of peperment.
Liefhebbers van die soetigheid kan binnekort uitsien na nog ’n splinternuwe sjokolade om van al die probleme te vergeet. Die grootste kakaoverwerker, Barry Callebaut, het vir die eerste keer sedert Nestlè in die 1930’s met wit sjokolade vorendag gekom het, ’n nuwe, natuurlike kleur sjokolade gevind – en dis pienk.
Die Switserse maatskappy verwys na die produk as robynsjokolade. “Dit het bessiegeure, is effe suur, maar tog ook soet,” het die maatskappy gesê. Volgens Travelweek kom die kakaobone uit Ivoorkus, Ecuador en Brasilië. Die kleur kom van die poeier wat tydens die verwerking daarvan onttrek word.
Dié sjokolade is Dinsdag in Sjanghai bekend gestel nadat die nuwe kleur per toeval 13 jaar gelede ontdek is toe die navorsingspan by Barry Callebaut besig was om kakaobone te bestudeer.
Nuwe, innoverende idees in die bedryf vat jare om te vervolmaak as gevolg van die komplekse struktuur van sjokolade. Nog ’n groot uitdaging is om die tekstuur en smaak te behou. Hoewel talle ander maatskappye reeds rooi kakaopoeier produseer, is dit die eerste keer dat ’n natuurlike sjokoladekleur geproduseer word. Volgens SC Now se webtuiste spog Barry Callebaut met nóg ’n groot deurbraak in die sjokoladebedryf - hulle verkoop sjokolade wat hoë tempertature kan weerstaan.
Die nuwe kleurontdekking mag moontlik die sukkelende sjokolademark ’n nodige hupstoot gee ná die ekonomiese insinking. Volgens berigte moes een van die grootste sjokoladevervaardigers, Hershey, reeds 15% van sy personeel afdank en probeer Nestlé verbete om sy sjokoladebesigheid in Amerika te verkoop.
Of die nuwe sjokolade jou beïndruk of nie, maak jouself nou al gereed vir Valentynsdag 2018 – die pienk harte kom!
Gesondheidsvoordele van donkersjokolade wat tussen 70 en 85% kakao bevat:
· Sjokolade is voedsaam en volgens Healthline bevat ’n 100 g-stafie 67% van die daaglikse aanbevole toelaag yster en 58% magnesium.
· Dit is ’n goeie bron van antioksidante.
· Donker sjokolade kan bloedvloei bevorder en bloeddruk verminder.
· Dit kan jou vel teen die son beskerm.
· Dit kan jou korttermyn-breinfunksie verbeter as gevolg van die kafeïen en teobromien daarin.
Eenvoudige sjokolademousse
Bestanddele:
- 100 g sjokolade (hoe beter die sjokolade, hoe beter die mousse)
- 50 ml melk
- 200 ml room
- Aarbeie (opsioneel)
Metode:
- Klits die room tot styf.
- Smelt die sjokolade oor ’n bak water op die stoof en voeg die melk by.
- Vou die sjokolademengsel by die room en meng goed.
- Verdeel in ses kleiner bakkies of een groot bak.
- Versier met aarbeie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie