Sjokolade-en-neutstafies
Sjokolade-en-neutstafies

Sjokolade-en-neutstafies

Lloyd Zandberg
Bestanddele

Sjokoladebrosbrood

160 g sagte botter

25 ml ingedampte melk

125 g strooisuiker

350 ml meel, gesif

25 ml kakao

Vulsel

125 g botter

250 ml strooisuiker

100 ml ingedampte melk

250 ml groot grondboontjies, grofgekap

12 wit malvalekkers, kleiner geknip

Bolaag

200 g donkersjokolade

Metode

Oondtemperatuur: 180°C

1. Bak die brosbrood Voorverhit die oond. Klits die botter, ingedampte melk en strooisuiker saam tot lig en donsig. Sif die meel en kakao by en klits tot net gemeng. Druk onderin ’n langwerpige losboom-tertpan (13 x 35 cm) en prik met ’n vurk. Bak vir sowat 25 minute of tot net gaar. Laat in die pan op ’n draadrak afkoel.

2. Kook die vulsel Smelt die botter en voeg die suiker en ingedampte melk by. Roer oor lae hitte tot kook- punt en kook vir sowat 5 minute. Wees versigtig; dit brand maklik – roer aanhoudend. Verwyder van die hitte en roer die neute en malva- lekkers by tot gesmelt. Giet oor die brosbrood en laat afkoel.

3. Vir die bolaag Smelt die donkersjokolade en drup oor die vulsel in die pan. Wag tot dit stol, keer die tert uit en sny in stafies. Bêre in ’n lugdigte houer. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-10-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer