Sjefsvereniging hou talle kompetisies
Die Namibiese Sjefsvereniging (NCA) bied hierdie jaar verskeie opwindende, nasionale kompetisies aan.
Deelnemende maatskappye sal die geleentheid hê om produkte onder hul handelsname aan kliënte en Namibiese sjefs bekend te stel.
Die reeks kompetisies begin met die Ultimate Dining Challenge op 28 April by die Nust-hotelskool se opleidingskombuis vir hotelle, restaurante, lodges en gasteplase.
Vanjaar is die reëls verander sodat alle spanne dieselfde bestanddele kry, wat dit makliker maak om die disse te vergelyk. Aanbieding sal dus ? sleutelfaktor tydens die beoordeling wees. Breekware en eetgerei sowel as die tafelversierings sal deur die NCA verskaf word. Hierdie gestandaardiseerde benadering sal die beoordelingsproses aansienlik vergemaklik. Elke span van twee sjefs sal ? maaltyd vir 13 gaste voorberei. Twee kelners per span sal die gaste bedien. Die paring van kos en wyn sal hierdie jaar steeds ? belangrike komponent wees.
Die “Chef of the Year”-kompetisies vind van 6 tot 9 Junie by die nuwe Silverspoon Academy plaas. Senior sjefs met meer as vyf jaar ondervinding sal in een kategorie meeding en junior sjefs met minder as vyf jaar ondervinding in die junior kategorie. Die reëls en regulasies van die Wêreldvereniging van Sjefgenootskappe (WACS) sal van toepassing wees. Dit beteken die hoofbestanddele sal voor die kompetisie bekend gemaak word. Die sjefs sal dus vooraf weet watter proteïene in hul disse gebruik moet word en kans hê om hulself goed voor te berei. Van senior sjefs sal verwag word om ses geregte voor te berei en juniors vier.
? Nuwe kategorie vanjaar is CoY Pastry. Die meeste van ons Namibiese fyngebaksjefs werk agter die skerms en die NCA wil graag vir die publiek wys hoeveel talent hulle het. In hierdie kategorie moet sjefs ? restaurantgehalte-nagereg vir vier gaste sowel as ? koek vir agt mense voorberei. Die reëls en regulasies van WACS is ook in hierdie kategorie van toepassing.
Dan is daar ook ? nuwe kategorie getiteld CoY Amateurs vir stokperdjie-sjefs. Van hulle sal verwag word om ? tweegangmaaltyd vir vier met bestanddele uit ? geheime mandjie binne drie ure voor te berei. Enige kombinasie van twee gange moet uit die lys van drie voorberei word: Voorgereg, hoofgereg en nagereg.
Die jaarlikse toekenningsgeleentheid vind vanjaar op 9 Junie by die NamPower-konferensiesentrum plaas. Ons land se topsjefs sal in die kombuis in aksie wees om gaste vir hierdie fondsinsamelingsgeleentheid te trakteer.
Vir skoliere is daar die “Schools Chef of the Year”-kompetisie, wat vir individuele leerlinge asook spanne van twee voorsiening maak. Dit vind op 29 en 30 Julie plaas. Die gehalte van verlede jaar se kos was ongelooflik en die NCA glo dat hierdie jaar se deelnemers weer eens die standaard van hierdie kompetisie sal verhoog.
Registrasievorms sal binnekort op hul webtuiste beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak Barbara by 061 253 542 of e-pos [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie