Sjebeens, kroeu00eb mag weer drank verkoop
Sjebeens, kroeu00eb mag weer drank verkoop

Sjebeens, kroeë mag weer drank verkoop

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Gelisensieerde sjebeens en kroeë mag weer Maandae tot Saterdae van 09:00 tot 21:00 alkohol op hul perseel verkoop.

Volgens wysigings van die Covid-regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, word casino's en dobbelhuise toegelaat om onder streng vereistes te open. Dit sluit in dat die eienaar moet verseker slegs een persoon word op 'n slag by 'n dobbelmasjien toegelaat, terwyl dobbelmasjiene, snoekertafels en alle bykomstighede gereeld en ná elke keer se gebruik ontsmet en skoongemaak word.

In sjebeens moet die eienaar geriewe vir handewas verskaf, sosiale afstand ten alle tye verseker en ook seker maak alle persone dra heeltyd 'n masker.

Sjebeens mag weer Maandae tot Saterdae van 09:00 tot 21:00 drank verkoop. Sjebeen-eienaars het die afgelope weke vergaderings met regeringslui oor die impak van die Covid-regulasies op hul sakebedrywighede gehad.

Volgens die nuwe regulasies word drankverkope nou op weeksdae van 09:00 tot 18:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00 toegelaat.

Waar drank op 'n perseel verkoop en gebruik word, is dit toelaatbaar van 09:00 tot 22:00 Maandae tot Saterdae. Geen drankverkope word op Sondae toegelaat nie, behalwe waar dit verkoop word aan 'n persoon in onder meer 'n restaurant of gastehuis waar dit op die perseel gebruik word. Dit word egter ook net tot 22:00 toegelaat.

• Volgens die nuwe regulasies moet persone wat Namibië binnekom, 'n bewys kan toon van 'n PCR-uitslag wat nie ouer is as sewe dae vanaf die datum wat die weefselmonster geneem is nie. Die uitslag van die PCR-toets moet van 'n laboratorium wees wat gesertifiseer is in die land wat dit uitgereik het.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A