Sirleaf: Mans moet vroue se waarde besef
Sirleaf: Mans moet vroue se waarde besef

Sirleaf: Mans moet vroue se waarde besef

Volgens Liberië se eerste vroulike president moet mense ontslae raak van die opvatting dat vroue nie die regte kandidaat vir ’n posisie kan wees nie.
Maria Eiseb
Maria Eiseb - ’n Voormalige en eerste vroulike president van Liberië, wat ook 2011 se wenner van die Nobelprys vir vrede was, me. Ellen Johnson Sirleaf, is tans met besoek aan Namibië.

Sirleaf het parlementslede gister in die hoofstad toegespreek.

Tydens die verrigtinge het die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), dr. Peter Katjavivi, gesê patriargale opvattings het veroorsaak dat vrouens in Afrika se vermoëns vir lank onderskat is.

Die hedendaagse samelewing het dié opvattings egter verkeerd bewys.

Hy het gesê die vryheid- en onafhanklikheidstryd het tot meer liberale denke en die emansipasie van die samelewing gelei.

Sirleaf is ’n vrou wat eenvoudig weier om in ’n boksie gedruk te word, het Katjavivi gesê.

Hy het bygevoeg onlangse studies bevestig die betekenisvolle rol wat vroue in die parlement speel.

Katjavivi sê parlementsvroue het ’n passie vir kwessies soos onder meer geslagsgebaseerde geweld, geweld teen kinders en opvoedingsaangeleenthede.

“Ek weet nie of mans agterkom hoe gesteld vroue op sekere kwessies is nie,” het hy gesê.

“Ons moet dit waardeer en sommige wetsaspekte verander.”

Hy het gesê Liberië het Namibië teen die einde van die vryheidstryd gesteun.

“Politieke partye in die parlement word ewe veel deur mans en vroue verteenwoordig, en daar is deesdae nie meer ’n debat waar vroue nie verteenwoordig word nie,” het hy gesê.

Me. Christin ||Hoëbes, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het by die geleentheid gesê vroue moet mekaar aanmoedig en bemagtig.

“Moenie vergeet waar julle vandaan kom nie. Onthou die vroue wat jul hulp nodig het,” het sy gesê.

Sirleaf het vroue lof toegeswaai vir die rol wat hulle in die parlement speel.

Volgens haar het vroue tot die aanvaarding van die VN se volhoubare doelwitte op die gebiede van natuurlike hulpbronne, ekonomie, gesondheid, onderwys, menslike hulpbronne en die jeug bygedra.

Sy het voorts gesê geslagsgelykheid is ’n groot bron van kommer en die stelsel wat in die verlede van toepassing was, moet verander.

Mans moet die waarde van vroue besef, het sy gesê.

Sirleaf wou weet wat gedoen kan word om jongmense geleenthede op opvoedkundige gebied te gee.

“Jongmense is ongeduldig en leiers oraloor Afrika moet ’n manier vind om die jeug te hanteer,” het sy gesê.

Tydens die gesprek het me. Juliet Kavetuna, adjunkminister in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, gesê die manier waarop vrouekwessies aangespreek word, moet verander.

Dr. Becky Ndjoze-Ojo, adjunkminister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, het gesê: “Vroue moet op grondvlak bemagtig word, alle vroue moet opgelei word.”

Mnr. Reinholdt Nauyoma, ’n parlementslid, het gesê die bemagtiging van vroue en meisies moet seuns nie uitsluit nie.

Sirleaf het gesê seuns is bevoorreg en het in die verlede geleenthede gehad op gebiede waar meisies ’n agterstand gehad het.

Volgens Sirleaf moet mense wegdoen met die opvatting dat vroue nie die regte kandidaat vir ’n posisie of aanstelling kan wees nie.

“Vroue is net so sterk soos mans en beskik oor selfs meer leierseienskappe,” het sy gesê.

“Hou aan, veg vir jul regte en moenie ophou om jul stemme te laat hoor nie. Moenie van die vroue vergeet wat julle moet bemagtig nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.73 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 413.74/OZ UP +1.51% | Copper US$ 4.97/lb UP +2.57% | Zinc US$ 3 035.30/T UP 1.93% | Brent Crude Oil US$ 83.76/BBP DOWN -0.0001 | Platinum US$ 1 074.94/OZ UP +1.25% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.73 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 413.74/OZ UP +1.51% | Copper US$ 4.97/lb UP +2.57% | Zinc US$ 3 035.30/T UP 1.93% | Brent Crude Oil US$ 83.76/BBP DOWN -0.0001 | Platinum US$ 1 074.94/OZ UP +1.25%