Sinopharm nie vir almal
Sinopharm nie vir almal

Sinopharm nie vir almal

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die gebruik van die Sinopharm-entstof teen Covid-19 is onderhewig aan die uitsluiting van sekere mense tydens die eerste ronde van die immuniseringsveldtog wat in Khomas en Erongo afgeskop het.

Volgens ’n verklaring deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal die volgende mense tydens die huidige fase van immunisering uitgesluit word:

• Kinders of jong mense onder die ouderdom van 18 jaar;

• Swanger vroue of vroue wat borsvoed of ’n swangerskap binne die volgende ses weke beplan;

• ’n Tweede dosis sal nie aan enige persoon gegee word wat deur ’n dokter bevestig is wat matige of ’n ernstige allergiese reaksie van die eerste dosis gehad het nie;

• Enige persoon met ’n geskiedenis van enige tipe ernstige allergie wat noodsorg vereis het;

• Mense met toestande wat die immuunstelsel onderdruk, byvoorbeeld MIV/vigs, wat op steroïede-medikasie is of chemoterapie ontvang;

• Mense met onbeheerde epilepsie of ander neurologiese toestande;

• Mense met onbeheerde chroniese toestande, bv. onbeheerde diabetes of hoë bloeddruk, hartversaking, niersiektes of asma.

Volgens die ministerie is die bogenoemde uitsluitings onderhewig aan verandering namate meer inligting beskikbaar word.

Die verklaring sê voorts die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) evalueer tans die dossier wat deur vervaardigers van die Sinopharm-entstof voorgelê is. Die uitslae in dié verband word spoedig verwag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer