Sing tot jy keelvol is

Lloyd Zandberg
Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het 'n terugslag as musikant in die stad beleef en probeer nou sy heil op die platteland vind.

Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip agter 'n gordyn van sarkasme en harde werk weg.

Mariëtte Labuschagne werk in 'n boekwinkel op dieselfde dorp.

Sy droom haar hele lewe lank van 'n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen, is sing en perform. Sy is spontaan, lewenslustig en altyd gereed met ’n grappie.

Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk?

Dié kombinasie kan ’n resep vir ’n ramp wees óf dalk net wat hulle al twee nodig het.

Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNET sepie Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as suster Naomi Ferreira in Binnelanders) maak vir die eerste keer saam hul verskyning op die verhoog in hierdie bittersoet komedie.

Die produksie beloof om iets te wees wat die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte sal aanraak.

Wees deel van hierde unieke teater-ervaring waar stories, musiek, stemme en drome saamgeweef word en vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ‘n wêreld wat jou soms wil stilmaak.

Keelvol is 26 en 27 Junie by die Warehouse-teater te sien.

Dit word met trots deur Music Profile Management en die Warehouse-teater aangebied, en word deur Mitech Direct Namibia en EventsToday ondersteun.

Kaartjies is by www.today.com.na beskikbaar en kos N$150.

Kommentaar

Republikein 2025-08-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer