Sinckler kan lank geskors word vir bytery
Rugby
Tinus van Staden – Kyle Sinckler, die stut van die Britse en Ierse Leeus wat uitgewys is nadat hy na bewering die Springbok-slot Franco Mostert gebyt het, word deur ’n lang skorsing in die gesig gestaar.
Sinckler is ná Saterdag se tweede toets uitgewys vir ’n voorval in ’n losgemaal in die 64ste minuut en sal sy kant van die saak Dinsdag op ’n tugverhoor kan stel.
Hy is die enigste speler wat uitgewys is vir vuilspel, al was daar verskeie ander voorvalle wat verdag gelyk het.
Volgens Sky Sports kan Sinckler vir ’n minimum van 12 weke geskors word as hy nie sy onskuld kan bewys nie. 12 weke is die minimum straf vir byt, terwyl ’n speler maklik vir 24 weke geskors kan word daarvoor. Die maksimum tydperk vir byt, is ’n skorsing van 208 weke.
Sinckler se dissiplinêre rekord kan teen hom tel. Hy is in Januarie vir twee weke geskors nadat hy op ’n skeidsregter gevloek het.
Vier jaar gelede is hy vir sewe weke geskors nadat hy ’n teenstander in die oog gekrap het.
’n Video van die bytvoorval is intussen op YouTube gelaai. Die kamerahoek is nie baie goed nie, maar daar kan gesien word hoe Mostert en Sinckler albei in ’n losgemaal is, met die stut se kop naby die Bok se arm. Ná die losgemaal staan Mostert op en bekyk sy arm.
In die wedstryd het Siya Kolisi by die volgende onderbreking die saak met Ben O’Keeffe, die skeidsregter, geopper. O’Keeffe het toe geantwoord: “Siya, ek verstaan wat Franco sê, maar ek kan nie nou enigiets daaraan doen nie. As daar iets is, sal dit ná die wedstryd hanteer word.”
Sinckler se spanmaat, die Skotse heelagter Stuart Hogg, is ook daarvan verdink dat hy ’n speler gebyt het ná ’n onderonsie met Willie le Roux. Hogg het egter in ’n verklaring ontken dat hy Le Roux gebyt het en is nie uitgewys nie.
Ook nie Maro Itoje nie, wat met sy knie op Damian de Allende se nek gedruk het.
Duhan van der Merwe het ook uitwysing vrygespring vir ’n laat duikslag wat straks tot Pieter-Steph du Toit se skouerbesering gelei het. Hy is nie daarvoor gestraf in die wedstryd nie en die gewese Walliese blaser Nigel Owens het op Sky Sports gesê Van der Merwe was gelukkig om daarmee weg te kom.
Mako Vunipola het ook vroeg in die wedstryd met sy skouer kontak met Eben Etzebeth se kop gemaak, maar is nie uitgewys nie.
Nog twee moontlike kandidate vir uitwysing was Cheslin Kolbe en Faf de Klerk.
Kolbe het ’n geel kaart gekry nadat hy Conor Murray in die lug gespeel het. Die vleuel het ook hard kontak gemaak met Tom Curry in ’n duikslag en die twee spelers se koppe het teen mekaar gekap.
De Klerk het in ’n duikslag hard kontak gemaak met Murray en uit sekere hoeke op die beeldmateriaal lyk dit of hy sy kop tref en sonder arms duik. O’Keeffe het egter nie vir De Klerk gestraf nie.
– Netwerk24
FOTO
Kyle Sinckler gedurende die tweede toets tussen Suid-Afrika en die Britse en Ierse Leeus. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie