Simon ken sy karre
Augetto Graig
Mnr. Simon Hamutenya is al 33 jaar 'n werknemer by wat deesdae Indongo Toyota op Otjiwarongo is.
“Ek het in 1983 as vakleerling hier begin werk toe dit nog Marina Motors was. In 1989 het ek saam met mnr. Fritz Swart na Marina Toyota oorgegaan, en weer in 2016 September na Indongo Toyota,” vertel die ervare motortegnikus.
Hy sê hy het in sy skooljare op Valombola al geweet hy gaan in 'n werkswinkel werk en nadat hy in 1985 sy eerste kwalifikasies ontvang het, was daar geen keer nie. Hamutenya sê sy werk is ook sy stokperdjie en, “ek ken niks anders as dit nie”.
Mense met enige vraag oor iets meganies is welkom om by hom aan te klop. “Dit lê in my kop,” sê hy. Tog sê hy hy sal veel eerder hard werk om 'n masjien weer mooi te laat loop as om te veel met mense te doen te hê. “Die moeilikste ding in die bedryf is kliënte,” sê hy. “As hy nie tevrede is nie, dan is hy nie tevrede nie. Meganies, as jy jou werk reg gedoen het, is daar nie probleme nie.”
Hamutenya is getroud en het vyf kinders – twee dogters en drie seuns. “Drie bly in Windhoek en twee is hier in Orwetoweni saam met my. My laasgeborene is nou 17 en nog op skool,” sê hy. “Ek tree een van die dae af en wil graag gaan boer, maar ek weet nie of die werk my ooit sal los nie. Ek sal ten minste nog moet raad gee!”
Hy geniet sy werk elke dag, sê hy, en voeg by 'n hoogtepunt is wanneer hy teikens haal in die werkswinkel se bestuur. “Dit laat my goed voel. Ook as ek 'n kursus loop en ek slaag, voel ek goed.”
Nog 'n plesier is om sy kennis met die jonger garde te deel.
“Ek gee graag advies en ek het al 'n klomp vakleerlinge self opgelei. Meer as vyf het nou ook al as werktuigkundiges gekwalifiseer. My raad is eintlik net dat hulle moet aanhou, want hierdie is goeie werk.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie