Simbas se WB-hoop op nuwe afrigter én spelers

Rugby
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Namibië is die afgelope drie jaar sterk besig om vir die 2019 Wêreldbeker in Japan voor te berei. Terselfdertyd is sy twee grootste teenstanders vir kwalifisering op die vasteland, Kenia en Zimbabwe, ook aan die woel om met nuwe ingevoerde talent hul kanse te versterk.

Zimbabwe het vroeër vanjaar vir Peter de Villiers, gewese Springbok-afrigter, aangestel om die Sables vir die 2018 Rugby Afrika Goue Beker-kompetisie teen Kenia, Marokko, Namibië, Tunisië en Uganda voor te berei.

Vanjaar se kampioenskap dien as die finale WB-uitdun vir die vasteland – afgesien van die Springbokke as outomatiese topvlak kwalifiseerder.

Zimbabwe post-Mugabe en onder beheer van die uitgeslape De Villiers kan gewis 'n nuwe uitdaging vir Namibië se tradisionele oorheersing van Rugby Afrika se kompetisies bied.

Kenia se onvoorspelbare Simbas hou ook 'n gevaar vir Namibië in om vir die 2018 WB te kwalifiseer.

Die voormalige WP-flank Jerome Paarwater was die afgelope vyf jaar Kenia se afrigter en het in 2014 so byna daarin geslaag om dié land vir die eerste keer vir die vorige Wêreldbeker in Engeland te laat kwalifiseer.

Nadat Paarwater in Desembermaand afgedank en die pad terug Kaap toe beduie is, het die Kenia Rugby­unie (KRU) in alle erns na 'n plaasvervanger begin soek en het hul man in Kiwi-land opgespoor.

Die KRU het onlangs die Nieu-Seelander Ian Snook as hoofafrigter aangestel.

Die 68-jarige Snook (losskakel van Taranaki in die 1970's) het tevore spanne in Nieu-Seeland, Australië, Engeland, Ierland, Japan, Kroasië, Italië en Suid-Afrika onder hande geneem, maar Kenia sal sy eerste werk as 'n afrigter van 'n nasionale span wees.

Snook sal deur sy landgenoot Murray Roulston bygestaan word, wat onder meer by die Otago Higlanders betrokke was. Die Kiwi-duo werk sedert Maart saam met die plaaslike tegniese span van Dominique Habimana, Charles Ngovi, Richard Ochieng, Chris Makachia en spanbestuurder Simiyu Wangila aan die spelers se kondisionering.



GEEN SEWES-STERRE

Kenia is 'n wêreldkrag in sewesrugby en dit kom dus uiters vreemd voor dat Snook klaarblyklik op geen van die land se gekontrakteerde supersterre in die korter weergawe sal kan staanmaak nie. Manne soos Willy Ambaka en Collins Injera (tweede op die lys van driedrukkers in die geskiedenis van die Wêreldsewesreeks) sal immers enige opponerende agterlyn ter wêreld kan besig hou.

Wilson Kopondo, kaptein van Kenia, en Wangila het Saterdag in 'n onderhoud met 'n radiostasie in Kenia vertel hoe dit met die span se voorbereidings gaan.

“Ons begin sesuur soggens met ons program waar die eerste uur aan teorie bestee word en waar reëls, taktiek en algemene wedstrydplanne bespreek word. Daarna begin ons met fiksheid asook krag en kondisionering wat tot elfuur aanhou.

“Ek staan byvoorbeeld 04:00 op om sesuur daar te wees. Dissipline is absoluut van kardinale belang en ek moet sê die hele span het die afgelope ses maande 'n ommekeer beleef. Die ouens het groter en sterker geword en die dissipline en professionele benadering is 'n duisend keer beter as in die verlede.

“Met die veeleisende oefenprogram kry ons spesiale voeding om te herstel en ook te groei. Spelers moet nie net fisiek eenhonderd persent reg wees nie, maar ook geestelik en daarom is genoeg slaap 'n groot deel van ons voorbereidingsprogram.

“Voorheen kon ons net in die eerste helfte ordentlik rugby speel en goed verdedig. In die tweede helfte was dit nie lank nie, dan het ons begin uitmekaar val. Nou gaan dit 'n ander storie wees, want ons is fiks en sterk en werk hard om die spelers se vaardighede te slyp en goed te kommunikeer.

“Namibië gaan verbaas wees as hulle teen ons speel. Hierdie is 'n ander Kenia-span.

“Ongelukkig sit ons sonder 'n borg vir die nasionale span en maak staat op toelae van die regering. Hier en daar is private individue wat ons help,” het die kaptein gesê.

Kenia het op 6 Mei sy laaste proefwedstryde gehou en 14 nuwelinge by sy program ingesluit wat dalk vanjaar hul buiging in die groot wedstryde vir die Simbas kan maak.



Die Simbas oefengroep (nuwelinge met * aangedui):

Stutte en hakers: *Patrick Ouko, Oscar Simiyu, Moses Amusala, *Joseph Odero, *Nelson Nyandat, Curtis Lilako, Peter Karia, Phillip Ikambilli, *Coleman Were.

Slotte: Oliver Mangeni, *Malcolm Onsando, Eric Kerre, Wilson Kopondo, *Andrew Chogo.

Losvoorspelers: George Nyambua, *Dalmus Chituyi, *Peter Misango, Elkeans Musonye, Martin Owila, Davis Chenge.

Skrumskakels: Samson Onsomu, *Xavier Kipngetich, *Mohammed Omollo.

Losskakels: Isaac Adimo, Biko Adema.

Senters: Leo Seje, *Maxwell Kangeri, Peter Kilonzo, *Zedden Marrow.

Vleuels en heelagters: Tony Onyango, *Felix Ayange, Jacob Ojee, Darwin Mukidza, *Edmund Anya, Vincent Mose.



Kenia se wedstrydprogram vir die Rugby Afrika Goue Beker: Saterdag 23 Junie tn Marokko (weg). Saterdag 30 Junie tn Zimbabwe (tuis). Saterdag 7 Julie tn Uganda (tuis). Saterdag 11 Augustus tn Tunisië (tuis). Saterdag 18 Augustus tn Namibië in Windhoek. - Bron Kenia Rugby-unie

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.38/OZ UP +0.85% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.50% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.13/BBP DOWN -0.0086 | Platinum US$ 1 037.03/OZ UP +3.56% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.38 | USD to ZMW 25.21 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.38/OZ UP +0.85% | Copper US$ 4.87/lb UP +2.50% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.13/BBP DOWN -0.0086 | Platinum US$ 1 037.03/OZ UP +3.56%