Sikloon Ava tref Madagaskar
Die tropiese sikloon ava, wat met ’n gemiddelde windspoed van 120 km/h en hewige reën gepaardgaan, het Madagaskar Saterdag getref.
Die storm is gekenmerk deur hewige stortreën en 200 mm se reën is oor die noordelike en oostelike dele van Madagaskar voorspel, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens in 'n verklaring gesê.
Weerstoestande wat met Ava gepaardgaan, is vloede, modderstortings en oorstromings.
Volgens weervoorspellers word heelwat neerslae oor die suidelike dele van die ooste en aangrensende binneland van Madagaskar verwag. Dit sal suidwaarts oor die ooste van die land beweeg.
Die sikloon het gister steeds in ’n suidelike rigting beweeg, maar het die land gemis en is as’n matige tropiese storm bestempel.
Daar is verwag dit sou teen gisteraand vir ’n wyle vererger wanneer dit weer na hewige status sal oorgaan.
Ofskoon die storm vandag in ’n suidoostelike rigting sal beweeg, word swaar neerslae steeds in die verre noorde en die suide van die land verwag.
Die gebiede wat die grootste risiko loop, is van Antisiranana in die noorde tot Toamasina en suid van Manakara.
Antananarivo mag ’n mate van ’n risiko loop, maar die berge aan die oostekant van dié stad kan die ergste impak van die stormsterk wind afweer.
Die sikloon sal tot vandag ook hewige reënbuie oor die eilande Reunion en Mauritius teweegbring. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie