Sien die woestyn uit die lug
Gondwana Collection bied nou gemotoriseerde valskermsweefvlugte in vennootskap met Wild Air Safaris by Namib Desert Lodge aan.
As jy graag die hartjie van die Namibwoestyn uit die lug wil ervaar, kan jy dit van 1 Mei af tydens 'n gemotoriseerde valskermsweefvlug by die Namib Desert Lodge beleef.
Gondwana Collection werk saam met Wild Air Safaris om hul gaste die avontuur van 'n leeftyd te bied.
“Dit is 'n fantastiese en onvergeetlike manier om een van die mooiste landskappe op 'n veilige manier uit die lug te sien," sê mnr. Erick Jayet van Wild Air Safaris.
“Ons bied gemotoriseerde tandem-valskermsweefvlugte met ervare vlieëniers aan. Namibië is een van die aanloklikste lande ter wêreld om gemotoriseerde valskermsweefvlugte aan te bied en Namib Desert Lodge is een van die beste plekke hiervoor.”
Die vlugte, wat elk 20 minute lank is, kan direk by Namib Desert Lodge bespreek en betaal word en is onderhewig aan beskikbaarheid.
Kinders onder 10 kan nie daaraan deelneem nie.
Hoewel afslag op Gondwana-kaarte nie geld nie, is daar spesiale tariewe van N$2 400 per persoon vir Namibiërs en Suid-Afrikaners.
"Veiligheid is ons prioriteit en ons bied dit slegs aan wanneer die weer perfek is," lui 'n mediaverklaring van Gondwana Collection.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie