Sien die mens, nie die siekte

Ouderdomstoepaslike meubels en dekor uit ander eras kan onder meer help om ’n gemakliker omgewing vir mense met demensie te skep.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Om ’n reis met demensie te begin, is skrikwekkend.

Wêreldwyd gaan die aantal mense met demensie van 50 miljoen in 2018 tot 152 miljoen in 2050 toeneem – ’n styging van 204%.

In Namibië fokus ’n aftree- en versorgingsoord in Windhoek op die mens eerder as op die siekte en skep hulle ’n demensievriendelike omgewing waar opgeleide personeel angs by demensielyers verminder en vertroue, asook ’n gevoel van veiligheid skep.

Volgens Fran Taylor, besturende direkteur van Eros Manor-aftreeoord in die hoofstad, het die Nasionale Gesondheidsdiens (NHS) in Brittanje opdrag aan ’n paar universiteite gegee om ’n manier te vind om ouer mense met demensie sonder die gebruik van antipsigotiese middels te versorg. Laasgenoemde se koste was besig om mediese fondse uit te roei.

“Die middels het angsvlakke oënskynlik verlaag, maar het in die meeste gevalle die mens met demensie in ’n bedwelmde toestand geplaas. Pasiënte is heeldag in die bed gelos omdat hulle vermoedelik siek was,” verduidelik Fran.

Al het die individu met demensie ’n siekte kan hul liggame ook weens die normale verouderingsproses verswak wees, maar “hulle is nie siek nie,” sê Fran.

“Ons verwys nie na hulle as pasiënte of na die plek waar hulle bly as ’n saal nie.

“Hulle kan steeds hoogs funksionerende mense wees wat in staat is om daaglikse aktiwiteite en take uit te voer al is dit onder die waaksame oog van ons versorgers en ’n bietjie hulp weens byvoorbeeld artritis.”

Volgens Fran het die universiteite begin kyk na omgewings wat dieselfde of selfs ’n beter uitwerking of uitslag as antipsigotiese middels sou lewer.

Dit sluit in meubels wat by lyers se behoeftes aangepas is, kombuistoerusting, ’n kluis vir sleutels, glasdeure vir kaste en ook sensors wat beweging optel.

“Dit is alles maniere om mense met kognitiewe agteruitgang te help om voort te gaan en vol lewens te lei.”

Dié omgewing sluit betekenisvolle aktiwiteite in wat wissel van tuinmaak, toegang tot die buitelug, musiek- en diereterapie en ook dans, wat die herroeping van herinneringe stimuleer.

“Deur ouderdomstoepaslike meubels en dekor uit die veertiger- en sestigerjare te hê, help ook baie om die inwoners tuis te laat voel.”

Siekte

Demensie is een van die siektes wat die vinnigste toeneem, daarom die dringende behoefte aan bewusmaking en opleiding, sê Fran.

“Dit is sodat families, geliefdes en versorgers die siekte kan verstaan en sodoende die persoon ‘sien’ en versorg, eerder as om net die siekte te ‘sien’. Jy moet die siekte kan verstaan voor jy iemand daarmee kan versorg.”

Oorsaak

Daar is meer as 100 verskillende tipes demensie, verduidelik Fran.

“Demensie is ’n kognitiewe afname in breinaktiwiteit as gevolg van ’n gebeurtenis of episode in die brein soos ’n beroerte of breinembolisme, wat ’n gedeelte van die brein vernietig het.”

Afhangend van watter gedeelte van die brein beskadig is, manifesteer die siekte op verskillende maniere.

“Dis voldoende om te sê daar is altyd ’n vlak van verwarring en angs wat met enige geestessiekte gepaardgaan.”

Angs

Demensievriendelike omgewings en opgeleide personeel skep ’n gevoel van veiligheid en verminder angs, beklemtoon Fran.

“Ons bied betekenisvolle aktiwiteite aan, wat ons inwoners besig hou en hulle laat voel hulle is ‘nodig’. Dít terwyl ons steeds hul vaardighede erken. Ons verskaf ook ’n forum waar hulle kan onthou en herinneringe kan oproep.”

Sy beklemtoon hoe belangrik dit is om die lyer wat jy versorg, se agtergrond te ken.

“Jy moet die mens met demensie erken vir die individu wat hy of sy is. Elkeen van ons is ’n unieke mens. Om dus die mens se voor- en afkeure te ken en hul vertroue te wen in ’n omgewing wat ’n huis weg van die huis af word, is belangrik vir versorging wat op die mens fokus.”

Volgens Fran is dit skrikwekkend om ’n reis met demensie te begin.

“Ons voorsien voortdurende sorg deur middel van ’n toegewyde span. Verhoudings word ook aan beide kante gebou. Dit verminder onmiddellik verwarring en angs. Dink daaraan – as jy elke dag ’n ander mens gehad het wat in jou huis kom om jou te versorg of om huistake te verrig, gaan dit baie ontstellend wees.”

Om te sien hoe ’n geliefde wegglip in ’n ander wêreld in en te ervaar hoe sinvolle gesprekke met ’n ouer eenvoudig tot ’n einde kom, of hoe winkeluitstappies en gesinsvakansies net “verdwyn”, is ’n baie hartseer ervaring vir kinders, sê Fran.

“Die rolle wat omruil en om besluite namens jou ouers te neem, is ook moeilik, omdat jy altyd die ouer mens deel van die besluitnemingsproses moet maak. Daar is gevalle waar lang afstande familielede skei. Versorgers raak meer bekend aan en vertroud met die mens met demensie, wat kinders dikwels uitgesluit kan laat voel.”

Insluiting

Om iemand op enige vlak in te sluit, is een van die gulhartigste gebare wat jy kan toon, beklemtoon Fran.

“Om gehalte sorg te voorsien, is redelik maklik. Enigiemand kan help met persoonlike higiëne, die mens mooi aantrek en heeldag op ’n stoel laat sit, maar het daardie mens ’n goeie lewensgehalte? Ek glo nie dit is genoeg om net gehalte sorg te verskaf nie – ons moet ook in die individu se spesifieke sorgbehoeftes, sowel as maatskaplike en emosionele behoeftes voorsien.”

Waarde

Om die reis saam met iemand met demensie aan te pak, vereis spesiale en toegewyde mense, sê sy.

“Jy moet die siekte en die noodsaaklikheid van rollespel en die een goue reël verstaan: Moenie stry met iemand met demensie of hom of haar korrigeer nie. Wat ookal in hul brein, gedagtes en omgewing gebeur, is vir hulle ’n absolute werklikheid. As ’n 90-jarige dame vandag vir jou vertel haar ma is dood en sy is baie ontsteld, erken haar hartseer en sê vir haar hoe hartseer dit moet wees om ’n ma te verloor. As jy sê ‘moenie laf wees nie, jou ma is 50 jaar gelede reeds dood’, is dit onwaarskynlik dat sy eerstens die tydsraamwerk gaan verstaan. Dit gaan haar ook verder ontstel omdat jy haar uitdaag en verwar.”

Beloning

Interessant vir die versorger is om vas te stel waar die persoon met demensie op sy of haar reis is, sê Fran.

“Ongelukkig weet ons dié reis eindig dikwels in ’n fetale posisie. Dit kan geweldig bevredigend vir die versorger wees as jy die volgende stap in die demensielyer se reis ‘verwag’ en só die pad saam met die mens stap. Om terug te gaan na die 90-jarige vrou wie se ma dood is – ek het uitgevind sy het haar ma verloor toe sy 20 jaar oud was. Toe ek dít uitvind, het dit my laat besef hoekom sy nie meer haar kinders kon onthou aan wie sy in haar vroeë dertigs geboorte geskenk het nie.”

Fran vertel van ’n egpaar wat nie kon onthou dat hulle met mekaar getroud was nie. Hulle het egter wel geweet hulle het baie vir mekaar beteken. Die egpaar het elke dag ’n trein na Kaapstad probeer haal, maar daar was geen treindiens waar hulle gewoon het nie.

“Om hul verwarring en angsvlakke laag te hou, moes ons elke dag vir hulle ’n storie vertel oor hoekom hulle nie met ’n trein Kaapstad toe kon reis nie. As ons nie rollespel gebruik het en eenvoudig die waarheid aan hulle vertel het nie, sou hulle aggressief geraak het, want dit is wat frustrasie doen.”

Fran beklemtoon daar is altyd ’n rede vir onvanpaste en dikwels aggressiewe gedrag. Goed opgeleide versorgers van demensielyers sal egter weet wat hierdie snellers veroorsaak en hoe om dit te ontlont.

“In die ou dae sou versorgingsoorde dit wat hulle as gewelddadige en swak gedrag beskou het, met medikasie behandel het.”

Aggressie

Fran erken mense met demensie kan baie aggressief raak, maar daar is altyd ’n goeie rede daarvoor, sê sy.

“Moenie ’n ouer mens aanjaag nie, dit veroorsaak wantroue. Hoë vlakke van frustrasie kan tot fisieke aggressie lei. Moenie stry nie, want alles in hul wêreld is absolute ’n werklikheid.”

Versorgingsplan

Fran het haar eie versorgingsplan opgestel om versorgers te help om ook vir haar sinvol te kan versorg sou sy dit nodig hê.

“As ’n versorger roereiers vir ontbyt by my keel afdwing, gaan ek dit op haar uitspoeg. As sy haar vingers in my ore druk om dit droog te maak nadat sy my hare gewas het, gaan ek probeer om haar vingers te byt. As ek nie vars lug kry nie, gaan ek kloustrofobies, baie angstig en bang voel.”

In die verlede sou sy as gevaarlik en gewelddadig beskou word en ’n handvol antipsigotiese middels sou in haar keel afgegooi word, sê Fran.

“Ek sou in ’n stoel gesit word waar ek heeldag sou sit met my ken op my bors en tien teen een gekwyl het. Niemand sou met my gepraat het nie, want ek is mos klaar by die ‘feëtjies’.

“Nou het ek ’n versorgingsplan wat my voor- en afkeure met my versorgers deel. Ek het nie nodig om te spoeg of te byt of te skop nie, want hulle weet om nie my lakens te styf om my in te steek nie, want dit maak my bang. Leer my dus ken en laat my toe om as ’n individu te leef in die veiligheid van ’n versorgingsoord en ek sal so mak soos ’n lammetjie wees.”

Buite

Vars lug en ventilasie, om te gaan stap om letterlik die rose te ruik, voëls te kyk, saam met die inwoners te braai en die visse in die visdam te geniet, sorg vir lewensgehalte, beklemtoon Fran.

“Ons tuine is ’n groot bron van ontspanning en genot. Ons moedig inwoners aan om deel te hê aan die tuin, om roosmaryn te pluk en die wonderlike reuk van die rose in te asem.”

Voorkom

“As jy nie jou brein gebruik nie, gaan jy dit verloor. Die belangrikheid van hidrasie is ’n groot faktor in breinaktiwiteit omdat water dit verhoog.”

Depressie

Maak lyers deel van hul omgewing en besluite, beklemtoon Fran.

“Sluit die mens in. Om iemand uit te sluit, lei tot depressie wat dikwels as ’n vorm van demensie manifesteer.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%