Siba sprankel by ekspo
Eet, smul en knaag bly maar hoogtepunte in baie van ons se dag. Vir sommige is dit ’n uitdaging om kos te maak en ander kry dit eenvoudig net reg om met die eerste probeerslag smullekker disse op te tower.
As jy in die eerste groep val, moenie stres nie. Inpirasie Tafels kom tot jou redding.
Anders as verlede jaar, speel gastronomie ‘n groot rol by vanjaar se Inpirasie Tafels.
Ons praat van alle soorte kosse, gebak en meer. Soek en jy sal dit by Inspirasie Tafels vind.
‘n Hoogtepunt by die leefstylekspo van 30 Augustus tot 1 September by Windhoek se skougronde is Siba Mtongana.
Haar vars benadering tot kos en haar sprankelende persoonlikheid het verseker dat sy vandag een van die bekendste en mees geliefde TV-persoonlikhede is.
Haar program Siba’s Table, wat op Food Network is, word in meer as 90 lande oor die wêreld uitgesaai.
Waar kom die inspirasie vir jou resepte vandaan?
Ek hou daarvan as die kos wat ek maak my op ’n avontuur wegvoer. Ek maak byvoorbeeld maaltye geïnspireer deur Midde-Oosterse of Indiese kookkuns, maar ek sorg dat die resepte maklik is en nie ure neem om te maak nie.
Vir my geurige botterskorsie-en-koeskoesslaai sit ek byvoorbeeld die botterskorsie, geskil en in blokkies gesny, in die mikrogolf vir vyf minute, en roerbraai dit dan nog ’n paar minute saam met speserye. Dit gee ’n heerlike geur en kleur, dieselfde wat jy sou kry as jy dit vir ’n halfuur of meer sou rooster.
Wat is jou idee van ’n fees?
Baie mense (ek is deel van ’n groot familie), ’n lang tafel gelaai met báie bakke vol kos wat almal rondstuur en vir hulself opskep. Rondom die tafel is baie liefde en jolyt, en ons bou herinneringe om te deel.
’n Somernagereg soos jogurt en bessies is op die spyskaart in Siba’s Table Fast Feasts.
Wat is jou beste onthaalwenke?
Beplan. Dit is iets wat ons nie genoeg doen nie. Kry iemand om jou te help as jy vir baie mense moet kosmaak, delegeer en vra dié persoon om van die inkopies te doen en die bestanddele voor te berei (soos om groente te skil en te kap). Dit sal baie tyd spaar.
Maak ook van die geregte die dag voor die tyd. Kies ’n voorgereg en nagereg wat jy vooraf kan maak en net garneer of versier voor jy dit voorsit. Dan kan jy op die hoofgereg en die bykos fokus en daar sal nie soveel druk op jou wees nie. Jy sal ook lekker saam met jou gaste kan kuier en jou nie in die kombuis staan en afsloof nie.
Wat is vir jou die lekkerste daarvan om ’n TV-sjef te wees?
Ek kry die geleentheid om mense vanoor die hele wêreld te bereik deur net te doen waarvoor ek lief is. Dit is heerlik om my liefde vir kosmaak met so baie mense te deel, en om ’n positiewe impak te maak. Omdat my program in so baie lande te sien is, kry ek die geleentheid om ’n positiewe boodskap oor Suid-Afrika uit te dra.
Wat is vir jou die grootste uitdaging?
Om georganiseerd te wees. Daar is so baie goed wat moet gebeur voor ons kan begin skiet, en ek sukkel om te delegeer – ek wil alles self doen. Ek is verantwoordelik daarvoor om getoetste resepte gereed te hê voor ons kan begin verfilm en dit verg baie tyd en energie om die resepte te ontwikkel, die bestanddele te koop en dan te maak.
Ek het ’n baba van twee maande en ’n driejarige kleuter, so dit is ’n uitdaging om my werk en my rol as ma te balanseer. – Eie berig/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie