Shoprite-staking deur AR ondersteun
Verbruikersboikot groei
Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) het gister in ’n vrystelling aangekondig dat dit nou die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) in sy stryd en staking teen die Suid-Afrikaanse kleinhandelgroep Shoprite se winkels in Namibië ondersteun.
Volgens die AR-woordvoerder mnr. Simon Amunime het AR Maandag met die Nafau-leierskap ontmoet en ’n samewerkingsooreenkoms bereik. “Die AR-beweging sal Nafau versterk in die stryd saam met die werkers teen Shoprite en ons rig ’n oproep aan ons aktiviste landwyd om alle winkels wat deel uitmaak van die Shoprite-groep te sluit,” sê hy.
Intussen sê mnr. Herbert Jauch, voorsitter van die Economic and Social Justice Trust, dat die verbruikersboikot waarvoor hulle sedert Desember teen Shoprite vra, nou trekkrag kry.
“In plekke gebeur dit en sommige gemeenskappe, soos Swakopmund, neem ook aksie teen Shoprite. Ons kan ongelukkig nie ’n duidelike prentjie vorm van wat landswyd gebeur nie, maar ons kry nou trekkrag, en jong mense kom ook na vore om ons te ondersteun. Byvoorbeeld sal van hulle kos aan die stakende werkers skenk.
“Vir die werkers was dit ’n moeilike tyd ná Kersfees en toe die koerante toe was, maar nou versprei kennis van die staking en die boikot. Nou is ons in die openbare oog en hopelik sal dit help, maar die hoofdoel is steeds om druk op Shoprite te plaas, om terug te keer en met welwillendheid te onderhandel.
“Die grootste druk op hulle sal deur ’n verlies van inkomste toegepas kan word. Ons hoop dit sal die week ’n uitkoms bring,” sê Jauch.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie