Shoprite skuldig aan minagting
Shoprite skuldig aan minagting

Shoprite skuldig aan minagting

Augetto Graig
Regter Collins Parker het Maandag Shoprite Namibia en van sy topdirekteure skuldig bevind aan minagting van ’n vroeëre hofbevel gelewer deur regter Shafimana Uietele.


Volgens die bevel mag Shoprite nie enige werkers toegelaat het om die werk van stakende werkers te doen nie. Parker het beslis dat Shoprite Namibia in die tydperk voor hulle teen Uietele se bevel geappèlleer het, die bevel verontagsaam het.

Koste vir die verhoor sal saam met versagtende omstandighede in ag geneem word op ’n datum wanneer die verhoor sal voortgaan, wat op Donderdag 18 Februarie bepaal sal word.

FOTOT ARGIEF

Kommentaar

Republikein 2025-10-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer