‘Shopping’ met ’n tiener
Tieners se verhouding met winkels is versteurd. Regtig.
Hulle háát dit (omdat hulle so pynlik selfbewus is) en hulle’s mál daaroor (omdat hulle dikwels nie met leë hande huis toe gaan nie).
’n Tiener dink almal kyk vir hulle as hulle in die winkels is. Die ergste is, hulle’s gewoonlik saam met hul ma’s daar (want sy het die beursie), en ons almal weet tieners se ma’s is erg deur die tjorts. Erg embarrassing, erg oud en erg vertraag. Almal van hulle. Deur die bank.
Ek het self vyf treë agter my ma in winkelsentrums geloop, baie bang iemand dink dis actually my ma - gehoop dis duidelik ek’s aangeneem.
Anyway, Spruit is nou dáár.
Ek doen net als verkeerd. Veral in en om winkelsentrums.
Eerstens bestuur ek verkeerd. Spruit sak langs my in die passasiersitplek af sodra ons by ’n sentrum se parkeerterrein inry. Sy hou nie van hoe ek lyk as ek ’n parkeerplek soek nie, ek ry te stadig, ek ry te vinnig, ek praat met ander karre en ek kry dit net nie reg om onopsigtelik deur die lewe te beweeg nie. Dis net onaanvaarbaar. Hoe durf ek?! Embarrassing!
Tweedens loop ek verkeerd in winkelsentrums. Ek loop te vinnig, te stadig, te naby aan Spruit, te ver van haar af, en in die algemeen soos ’n totale imbesiel.
Derdens praat ek te hard. Veral met haar. Die héle sentrum kan my hoor, is ek van my kop af?! En ek sê ook heeltemal die verkeerde goed. Daar’s sekere goed wat eenvoudig nie by my mond mag uitkom nie: Ek mag nie vra of sy wil gaan piepie nie, ek mag nie sê iemand is hot nie, ek mag nie oor puisies of velsorg praat nie, ek mag ook nie sê iets is duur of goedkoop of cool of nie cool nie. Ek mag verál nie vloek nie, en ook nie probeer grappies maak nie. Ek moet eintlik net glad nie praat nie.
Vierdens haal ek verkeerd asem en my gesig lyk net heeltemal verkeerd wanneer ek shopping doen. Veral as ek iets spesifieks soek, dan lyk ek soos ’n regte idioot. Ek moet ook asseblief ophou om so rond te kyk, dis net só embarrassing! Ek moet net voor my kyk en sorg dat ek nie enige trappe mistrap nie, want die hemel weet, as ek val, is haar lewe verby.
Ek gaan nie meer shopping saam met jou doen nie, sê ek terug in die kar. Dis nie vir my lekker as jy heeltyd fout vind met als wat ek doen en is nie. Trane. Jy verstaan net nie, huil sy. En dan is daar stilstuipe tot by die huis.
Die ergste van als is – ek verstaan en onthou goed hoe aaklig en embarrassing mens se ouers is as jy ’n tiener is, maar daar’s niks wat ek daaraan kan doen nie. Om ’n tiener te hê is soos om ’n ongeluk voor jou oë te sien gebeur terwyl jy vasgeboei is – jy kan niks daaraan doen nie.
Jy kan net daar wees. In jou embarrassing glorie. En hoop jou premenopousale selfbeeld oorleef dit.
Kan iemand my net sê wanneer dit ophou, asseblief?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie