Shangula: Verwoesting wag as mense nie hul gedrag verander
Shangula: Verwoesting wag as mense nie hul gedrag verander

Shangula: Verwoesting wag as mense nie hul gedrag verander

Ronelle Rademeyer
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vanoggend by Staatshuis ’n ernstige pleidooi gelewer dat Namibiërs hulle gedrag verander en so keer dat die land te midde van die ekponensiële styging in positiewe Covid-gevalle, verwoesting in die gesig staar.
“Sonder radikale veranderinge in gedrag kan Namibië ongekende verwoesting in die gesig staar.
“Nou, meer as ooit tevore, is dit belangrik dat mense hulle gedrag verander,” was die minister se ernstige waarskuwing.
Die meeste hospitale is reeds vol of het byna hulle kapasiteit bereik. Verder het 1 350 gesonheidswerkers tot dusver al positief getoets vir Covid-19.
Hy sê tussen 26 Oktober en 22 November was die daaglikse infeksiekoers gemiddeld 4,7%. Tussen 28 Desember en 3 Januarie het die vyfvoudig toegeneem toe gemiddeld 24% per dag.
Dit beteken uit elke 100 mense wat getoets word, is 24 positief.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) meen ’n infeksiekoers van 5% en laer is nodig om die pandemie te kan bestuur, blyk uit vorige berigte.
Anders as wat wandelgang-gerugte dit wou hê, is weinig verander aan die regulasies wat op 23 Desember ingevolge die wet op openbare en omgewingsgesondheid aangekondig is, en vannag om middernag verstryk.
Die aandklokreël van 21:00 tot 04:00 en ander inperkings duur vir die volgende 21 dae tot 3 Februarie voort.

Kommentaar

Republikein 2026-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer