Shangula sê entstof teen Covid-19 is veilig
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die publiek verseker die Covid-19-entstof wat Namibië gaan aankoop, is veilig en word aan noukeurige mediese ondersoeke onderwerp.
Shangula het in ’n onderhoud met Nampa gesê waninligting word oor die veiligheid van die entstof word op sosiale media versprei.
Van dit sluit in dat die entstof gif bevat, terwyl ander selfs glo dit gaan gebruik word om MIV te versprei.
Volgens Shangula is dit ongegronde bewerings wat versprei word deur mense wat nie die beste belange van Namibiërs op die hart dra nie.
“Die entstof is deur ’n streng mediese proses om te verseker dit is nie net doeltreffend om die virus te voorkom nie, maar ook om te verseker dit is nie nadelig vir mense nie. Die vals nuus skep vrees en paniek onder die nasie en moenie geglo word nie,” het Shangula gesê.
Volgens hom kon die ministerie daarin slaag om beweringe oor die virus doeltreffend te weerlê, danksy kenners wat die regte inligting by die Covid-19-inligtingsentrum aan die publiek kon deurgee.
Shangula het in November bevestig Namibië het fondse beskikbaar gestel vir die aankoop van die entstof deur Covax. Die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het vroeër gesê die enstof is bestem vir 20% van die bevolking en prioriteit word aan gesondheidswerkers en weerlose bevolkings gegee. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie