Shanghala, Amupanda skik buite die hof
Die minister van justisie, mnr. Sakeus (Sacky) Shanghala, en die uitgesproke grondaktivis, mnr. Job Amupanda, het hul geskil buite die hof geskik.
Die tafel was gedek vir ‘n hewige hofstryd tussen dié twee heethoofde.
In hofstukke was vroeër by die hoërhof in Windhoek ingedien is, het Amupanda aangedui hy gaan die eis verdedig wat Shanghala op 4 Desember verlede jaar teen hom ingedien het.
Shanghala het op sy beurt in hofstukke aangevoer Amupanda het hom belaster, korrup genoem, daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld ontvang het, dat hy by misdadige bedrywighede betrokke en geen morele rigtingwyser het nie.
As gevolg daarvan het hy skadevergoeding van N$500 000 geëis en vra die hof gevra om ‘n kostebestel teen Amupanda toe te staan.
Dit het egter gisteroggend aan die lig gekom die twee het die strydbyle begrawe en besluit om die aangeleentheid te skik.
Regter Shafimana Ueitele het in na aanleiding daarvan in die hoërhof gelas dat die saak vanweë die skikking tussen die partye, van die rol geskrap word.
Die besonderhede van die skikking is nie bekend gemaak nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie