Shalulile tref teen Kaizer Chiefs
Sokker
Die Namibiese sokkerkaptein, Peter Shalulile, was Sondagaand opnuut op sy stukke vir sy DStv Premierliga-kampioenklub Mamelodi Sundowns.
Shalulile het Sundowns se tweede doel behaal in hul oorwinning met 2-0 teen nóg een van Suid-Afrika se swaargewigklubs, Kaizer Chiefs, op Loftus Versfeld in Pretoria.
Die geel-en-bloues het ná sewe minute die voorsprong geneem met 'n kopstoot deur Grant Kekana, voordat Shalulile se akkurate skopvoet opnuut Kaizer Chiefs se doelwagter Bruce Bvuma geklop het, ná 'n vinnige ingooi en puik aangee deur Neo Maema in die 62ste minuut.
Sundowns is tans die vroeë voorloper in die DStv premierliga met sewe punte ná drie wedstryde – voor Stellenbosch FC en Orlando Pirates (beide op 5 ná drie).
Die Namibiese voorspeler Shalulile het die vorige seisoen met die DStv Premierliga se twee groot pryse weggestap – beste speler, asook spelers se speler van die seisoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie