Shalulile se aandele bly hoog in SA
Sokker
Die Brave Warriors se doelskieter Peter Shalulile het nóg 'n aanskoulike doel bygevoeg toe sy klubspan Highlanders Park Vrydagaand in die Dobsonville-stadion die huidige titelhouer Mamelodi Sundowns tot 'n 1-1 gelykopuitslag in die Absa Premierliga beperk het.
Dit was die Namibiër se eerste wedstryd sedert Covid-19-inperkings die sokkerliga in Suid-Afrika onderbreek het.
Shalulile het uitmuntende krag, tegniek en uitgeslapenheid uitgestal vir 'n treffer wat as doel van die seisoen sal kan meeding.
Binne ses minute ná die afskop het Shalulile 'n dwarsskop van die regterkant af beheer en het onder druk van 'n Sundowns-verdediger die bal verby doelwagter Dennis Onyango geskop.
Dit was Shalulile se 13de doel van die premierliga-seisoen. Sy klub is nou sewende op die puntelys, terwyl hy dit boaan die lys van doelskieters uitspook teen Gabadinho Mhango van Orlando Pirates (14 doele sover).
Die voormalige speler van Tura Magic het die afgelope tyd reeds die aandag van groot klubs soos Kaizer Chiefs asook Vrydagaand se opponente Sundowns gelok.
In die proses het dit vir hom 'n vyfjaarkontrak by Highlands Park beklink – en 'n prysetiket van N$30 miljoen vir enige klub wat sy diente daar wil wegrokkel.
Shalulile het aan die nuusagentskap Nampa gesê dit was heerlik om terug te wees ná al die sokker wat hy tydens die hoktyd gemis het.
“Om vir vyf maande nie sokker te speel nie, was bitter moeilik, veral vir ons wat in dié tyd boonop weg van ons families is. Maar ek het ook verskeie positiewe asprekte uit hierdie lang blaaskans geneem,” het hy gesê.
Volgens hom was dit wonderlik om 'n doel te kon byvoeg, ná al die harde werk wat hy tydens die inperking gedoen het.
Shalulile sê hy sien daarna uit om in die oorblywende ses wedstryde die seisoen op 'n goeie noot met Highlands Park af te sluit.
Highlands Park se volgende wedstryd is vandag (15:30) teen Chippa United in die Orlando-stadion in Soweto.
– Bygewerk van Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie