Shaduka gee homself oor
Die moordenaar wat enkele ure nadat hy tronk toe gestuur is Angola toe gevlug het, het homself in dié buurland aan die Namibiese konsulaat oorgegee.
Francoise Steynberg - Die moordenaar Lazarus Shaduka wat vir byna vier jaar voortvlugtend in Angola was, kom huis toe om sy tronkstraf van 20 jaar uit te dien.
Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gistermiddag bevestig dat Shaduka (42) homself laat gisteroggend aan die Namibiese konsulaat in Ondjiva in suidelike Angola oorhandig het.
“Ek het ’n afvaardiging van die polisie na Ondjiva gestuur om aan die besprekings deel te neem om Shaduka huis toe te bring,” het Ndeitunga aan Republikein gesê.
Ndeitunga beskryf dit as goeie nuus, maar het geen verdere inligting verskaf nie.
Vir die staatsaanklaer in die moordsaak, me. Belinda Wantenaar, is dit verblydende nuus: "Geregtigheid het geseëvier!"
Sy sê ter wille van sy vermoorde vrou, die 33-jarige me. Selma Shaimemanya, se familie is sy verheug dat Sahduka homself oorhandig het.
"Ek het nooit gedink dat hy homself sou oorgee nie. Dalk het sy gewete hom gepla," het sy gister aan Republikein gesê.
"Dit was baie swaar vir sy vrou se familie om te sien dat Shaduka net aan strafbare manslag skuldig bevind is. Dit was destyds ’n baie moeilike saak om tot in die hooggeregshof te kom," het Wantenaar gesê wat deesdae nie meer ''n staatsaanklaer is nie.
"Ek hoop die slagoffer se familie is nou gelukkig."
Shaduka is in Desember 2012 landuit om tronkstraf vir die moord op sy vrou vry te spring en die polisie het ''n beloning van N$20 000 in Januarie 2013 uitgereik vir inligting wat tot sy inhegtenisneming kan lei. Die polisie het later die beloning tot N$100 000 verhoog.
Shaduka het die grens tussen Namibië en Angola op 13 Desember 2012 om 14:40 by Oshikango oorgesteek. Dit was enkele ure nadat die staat se appèl teen sy vroeëre vonnis in die hooggeregshof geslaag het en hy vir 20 jaar tronk toe gestuur is vir die moord op sy vrou.
Die polisie se vermoede was dat Shaduka, wat van die Ohangwenastreek afkomstig is, familie in die suide van Angola het.
Dié sakeman en voormalige hoofbestuurder van eiendomme by die Windhoekse munisipaliteit, is hierdie vonnis opgelê nadat die staat suksesvol in die hooggeregshof appèl aangeteken het teen regter Kato van Niekerk se uitspraak in 2010 in die hoërhof toe hy aan strafbare manslag en regsverydeling skuldig bevind en ''n boete van N$27 000 opgelê is.
Shaduka, die pa van twee kinders, het sy vrou in Julie 2008 by hul huis in Klein Windhoek doodgeskiet.
Hy het vroeg in November 2012 ook op ''n klag van dronkbestuur en opsetlike saakbeskadiging in die Windhoekse landdroshof verskyn en die saak is tot 20 Maart 2013 uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie