Shaduka agter tralies
Bykomende klag kom dalk
Francoise Steynberg - Die moordenaar Lazarus Shaduka is veilig agter tralies in die Windhoek-gevangenis nadat hy homself Maandag aan die Namibiese konsulaat in Ondjiva in suidelike Angola oorgegee het.
'n Woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het gister bevestig dat Shaduka, wat vir byna vier jaar voortvlugtend was, Maandagmiddag reeds deur die Angolese polisie aan die Namibiese polisie op die grens oorhandig is.
Volgens Kanguatjivi het Shaduka Maandagaand agter tralies op Oshikango geslaap.
“Hy was gister gelukkig om 'n geleentheid Windhoek toe te kry saam met die helikopter van die polisie se lugvleuel wat toevallig in die omgewing was. Shaduka is nie 'n glanspersoonlikheid nie en hy kry nie voorkeurbehandeling nie; hy is 'n moordenaar,” het Kanguatjivi aan Republikein gesê.
Die woordvoerder sê die polisiehelikopter het gister om 12:15 van Oshikango vertrek en Shaduka is om 14:30 aan die owerhede van die Windhoek-gevangenis oorhandig.
“Hy sal dalk nou 'n bykomende klag in die gesig staar omdat hy van Namibië na 'n ander land gevlug het om sy gevangenisstraf van 20 jaar te probeer ontduik, maar die aanklaer-generaal sal hieroor besluit.” het Kanguatjivi gesê.
Shaduka, die pa van twee kinders, het sy vrou, me. Selma Shaimemanya (33), in Julie 2008 by hul huis in Klein Windhoek doodgeskiet. Hy is in Desember 2012 landuit om tronkstraf vir dié moord vry te spring. Hy het die grens tussen Namibië en Angola op 13 Desember 2012 om 14:40 by Oshikango oorgesteek. Dit was enkele ure nadat die staat se appèl teen sy vroeëre vonnis in die hooggeregshof geslaag het en hy vir 20 jaar tronk toe gestuur is vir die moord op sy vrou.
Die polisie se vermoede was dat dié sakeman en voormalige hoofbestuurder van eiendomme by die Windhoekse munisipaliteit wat van die Ohangwenastreek afkomstig is, se familie in die suide van Angola woon.
'n Beloning van N$20 000 is in Januarie 2013 deur die polisie uitgereik vir inligting wat tot sy inhegtenisneming kan lei. Die polisie het later die beloning tot N$100 000 verhoog.
Shaduka is die vonnis van 20 jaar gevangenisstraf deur hoofregter Peter Shivute en appèlregters Gerhard Maritz en Sylvester Mainga in die hooggeregshof opgelê. Dit volg nadat die staat suksesvol in die hooggeregshof appèl aangeteken het teen regter Kato van Niekerk se uitspraak in 2010 in die hoërhof toe hy aan strafbare manslag en regsverydeling skuldig bevind en 'n boete van N$27 000 opgelê is.
Shaduka het vroeg in November 2012 ook op 'n klag van dronkbestuur en opsetlike saakbeskadiging in die Windhoekse landdroshof verskyn en die saak is tot 20 Maart 2013 uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie