Sexy Sandy van Grease se broek kan miljoene haal
Die swart kleefbroek wat Olivia Newton-John in die trefferfliek Grease gedra het, is een van 500 artikels wat Saterdag opgeveil word ten bate van dié sangeres se kankernavorsingsentrum.
Die swart langbroek – met ’n gebreekte ritssluiter – is die gesogste item op die veiling. Die afslaer verwag dit kan vir tot sowat R2 000 000 ($200 000) verkoop word. “Die broek se rits is stukkend. Ek moes daarin vasgewerk word omdat die broek in die jare vyftig gemaak is,” het Newton-John aan Reuters TV gesê.
Die kleefbroek was tekenend van Newton John se karakter, Sandy, se transformasie van ’n skaam skoolmeisie in ’n sexy katjie.
Nóg artikels uit haar Grease-dae soos die draaiboek, ’n pienk baadjie met die naam Sandy agterop wat sy by haar medespelers gekry het en ’n pienk rok wat sy na ’n prèmiere van Grease in Los Angeles gedra het, word eerskomende Saterdag opgeveil.
Newton-John het gesê dit was maklik om te besluit watter artikels opgeveil moet word, hoewel dit haar ’n paar maande geneem het om deur haar bokse en stoorhouer te werk.
Newton-John het vroeër vanjaar bekend gemaak dat sy vir die derde keer teen borskanker veg.
– Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie