Sewentienjarige is jongste Covid-19-verwante sterfte
'n Sewentienjarige meisie is die jongste persoon in Namibië wat aan Covid-19-verwante oorsake gesterf het. Volgens president Hage Geingob het die meisie onderliggende mediese toestande gehad en is sy een van vyf nuwe Covid-19-verwante sterftes wat die totaal nou op 65 te staan bring. Volgens die president is 55 van dié sterftes in Augustus aangeteken.
Die totale getal bevestigde gevalle staan volgens hom op 6 906. "Dit het vier maande geneem om die eerste 1 000 gevalle in die land aan te teken en 14 dae om 2 000 aan te teken. Dit het die land 11 dae geneem om 3 000 gevalle aan te teken en ses dae om 4 000 te bereik," het hy vanmiddag gesê.
Teen die huidige koers neem dit Namibië gemiddeld drie dae om 'n duisend nuwe gevalle aan te teken, sê Geingob.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie