Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle
Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle

Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die sterftesyfer skuif met sewe - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Grootfontein, Outjo, Gobabis en Rundu - op tot 912. Vandag is 750 nuwe gevalle aangeteken waarvan 101 leerlinge, 23 gesondheidwerkers, 14 onderwysers en 21 studente is. Die aktiewe gevalle staan tans op 5 752 gevalle waarvan 321 in die hospitaal en 57 in die ICU is. Tot op hede het 52 023 (89%) gevalle herstel en is 75 977 mense teen Covid-19 ingeënt.

Tans is 1 489 mense in kwarantyn en 3 497 kontakte word opgevolg.

Kommentaar

Republikein 2026-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer