Sewe sterftes, 224 nuwe gevalle
Sewe sterftes, 224 nuwe gevalle

Sewe sterftes, 224 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Sewe sterftes, drie in Otjiwarongo, drie in Windhoek en een in Oshakati, het die Covid-19-verwante sterftesyfer tot 465 opgestoot. Vandag is 224 nuwe gevalle aangemeld waarvan 78 leerlinge, nege gesondheidswerkers, agt onderwysers en nege studente is.

Die aktiewe gevalle staan tans op 2 437 waarvan 187 in die hospitaal en 25 in die ICU is. Die getal mense wat sedertdien herstel het, staan op 38 514, 3 989 kontakte word gemonitor en 1 776 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer