Sewe sterftes, 157 nuwe gevalle
Sewe sterftes, 157 nuwe gevalle

Sewe sterftes, 157 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met sewe tot 3 064. Die meeste sterftes was in Windhoek (4), gevolg deur Tsandi met twee en Nankudu met een. Die sterftes was almal in Julie, twee tussen 19 en 24 Julie, drie tussen 25 en 26 Julie en twee op 31 Julie. Gister is 157 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 15%. Die Zambezi het die meeste gevalle (27%) gevolg deur Erongo met 25%. Onder die gevalle is 31 leerlinge, twee onderwysers, drie studente en vier gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het ses (4%) een dosis entstof ontvang.
Tans is daar 20 148 aktiewe gevalle waarvan 433 in die hospitaal en 84 in die ICU is. Tot op hede het 164 703 mense hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 49 356 volledig ingeënt is. Die herstelkoers styg tot 81%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer