Seuns oefen voor vertrek na Londen

Rugby
Andrew Poolman
''n Onder 12 uitnodigingspan het die afgelope naweek op die oefenveld met sy voorbereiding vir ''n opwindende rugbytoer na England en Wallis begin.

Namibia Sport 4 Jesus is die organiseerders van die toer wat van 7 tot 18 Desember duur.

Die waarskynlike vyf toerwedstryde sal glo teen die junior klubspanne van London Welsh, London Farnborough, Chelmsford en twee kombinasies van Northampton wees.

Die spelersgroep is Herman Coetzee (Sentraal), Dian de Beer (Suide), Rewaldo Diergaardt (Weste), Cornelius du Plessis (Suide), JW Visagie (Suide), Davitho van Wyk (Suide), Theunis Boshoff (Sentraal), Louw Rossouw (Weste), Jurenzo Julius (Weste), Jean-Paul van Wyk (Suide), Daniel Jacobs (Sentraal), Otniel Brandt (Suide), Freddie Dreyer (Suide), Mattheus Burger (Sentraal), Denver Beukes (Sentraal), Lazz Will Williams (Sentraal), Lazario Olivier (Sentraal), Levalle Underhill (Sentraal), Dante Muller (Suide), Marcell Dylan Majiedt (Suide), André Brand (Noorde) en Pieter-Willem Esterhuizen (Noorde).

Die groep word deur Renfred Muller (hoofafrigter), Patrick Ludick (agterlyn-afrigter) en Brian Titus (voorspeler-afrigter) vergesel.

“Sport 4 Jesus se strewe is om vir jong mense hoop te bring deur hul behoeftes holisties te benader deur die gebruik van sportontwikkeling en groei,” sê Muller. FNB Namibia het sportsakke vir die groep geborg.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer