Seun verkool in sinkhuis
'n Tienjarige seun, wat net as Ndapandula geïdentifiseer is, het gister (Dinsdag) omstreeks 11:00 in 'n sinkhuis in die Havana-woonbuurt verkool terwyl 'n meisietjie van 5 jaar ernstige brandwonde opgedoen het.
Die sinkhuis het tot op die grond afgebrand, sê die polisie in sy misdaadverslag van vanmiddag uitgereik is.
Na bewering was die oorledene se ma nie tuis ten tye van die voorval nie. Daar word vermoed dat die brand deur gas veroorsaak is.
Die polisie se ondersoek na wat gebeur het, duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie