Seun verdrink by Hentiesbaai
Jessica Botes - ‘n Tienjarige seun wat Woensdagmiddag saam met sy vriende op Hentiesbaai geswem het, is deur groot branders diep die see ingetrek en sy liggaam is nog nie gevind nie.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, duur die soektog na Lee-Wayne Delwin Nanubeb se liggaam nog voort.
“Vyf seuns tussen die ouderdomme van 6 en 10 jaar was besig om in die see te swem toe hulle almal om 14:00 dieper die see ingetrek is. ‘n Jong man wat op die strand gestap het, het dit gesien en in die see ingegaan. Hy kon egter net die vier jonger seuns red,” het Iikuyu gesê.
Mnr. Brian Louw, direkteur van LifeLink Emergency Rescue Services, het bevestig noodpersoneel is na die toneel ontbied.
Hy het gesê die LifeLink-span het die jongste oorlewende, ‘n sesjarige seun wat nie meer asemgehaal het of ‘n hartklop gehad het nie, uit die see gehaal.
“Ná ‘n poging om hom by te bring, het die kind weer begin asemhaal en hy is onmiddellik na die Hentiesbaai-kliniek vervoer. Die kind is later vir spesiale behandeling na Swakopmund oorgeplaas. Een van die ander kinders is ook in die hospitaal opgeneem,” het Louw gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie