Seun sterf in busongeluk by Otjiwarongo
'n Seun is in die vroeë ure vanoggend (Dinsdag) op slag dood toe die bus waarin hy 'n passasier was, naby Otjiwarongo van die pad geloop en omgeslaan het.
Ao Maureen Mbeha, woordvoerder van die polisie op Otjiwarongo, het aan Nampa gesê die ander 27 insittendes het die ongeluk oorleef. Sommige van hulle is wel ernstig beseer, met ander wat net geringe beserings opgedoen het.
Die bus was van Windhoek na Oshakati onderweg en het kort na middernag sowat 40 km buite Otjiwarongo op pad na Otavi na bewering van agter in 'n stadig bewegende vragmotor vasgery.
Die 36-jarige bestuurder het beheer verloor en die bus het vandie pad geloop en omgeslaan, het Mbeha gesê.
Dit is nie bekend hoe oud die seun is wat in die ongeluk gesterf het nie. Sy naam is ook nog nie bekend gemaak nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie