Seun slaan glo tweejarige meisie dood
Seun slaan glo tweejarige meisie dood

Seun slaan glo tweejarige meisie dood

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was kinders weer eens die slagoffers van misdaad.
Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Vyfjarige seun het glo Vrydag om 14:00 ’n tweejarige meisie doodgeslaan.

Amupolo Regina Pena het gesterf nadat sy met takke van ’n mopanieboom aangerand is.

“Die seun het aangehou om haar oor haar hele liggaam te slaan. Sy is as gevolg van haar ernstige beserings dood,” het 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Kauna Shikwambi, gesê.

Die voorval het in die Oipandahangano-nedersetting in die Outapi-distrik plaasgevind.

“’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood vas te stel,” het Shikwambi gesê.

“Ons moet ook ondersoek of die seun self mishandel is en of hy gesien het hoe ander kinders geslaan word en hy dit dalk nageaap het,” het sy gesê.

'n Vorige voorval waarin 'n kind glo 'n ander kind vermoor het, het op 17 Augustus plaasgevind toe ’n tienjarige na bewering die vierjarige Samwel Kasheeta versmoor deur sand in sy mond te druk. Volgens die polisie het die twee buite gespeel toe die voorval om 17:00 plaasgevind het. Dit het by die Ashipepe-nedersetting by Onghumbula plaasgevind.

Skoolkinders het Vrydag op ’n pasgebore baba se lyk afgekom wat in ’n plastieksak toegedraai was. Die lykie is om 14:00 in die Iinongo-nedersetting in Onanyena agter die Generation-woonstelle gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Saterdag is ’n 27-jarige vrou glo deur ’n onbekende man in Mondesa beroof en verkrag. Volgens die polisie was die slagoffer ná werk op pad huis toe.

"Die man haar het ’n mes gedreig en beveel dat sy al haar besittings aan hom oorhandig. Sy het haar selfoon en N$41 kontant vir hom gegee. Hy het haar in die donkerte ingesleep en met die mes in haar skouer gesteek. Hy het haar glo verkrag en gedreig dat hy haar sal vermoor, sou sy om hulp skree," lui die Namibiese polisie se misdaadverslag. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Mnr. Mario Isaaks (36) het Saterdag by Vierkantklip naby Swakopmund verdrink. Volgens die polisie het hy en sewe vriende van Narraville in Walvisbaai by Vierkantklip om 08:00 gaan duik toe die ongeluk gebeur het.

Volgens die misdaadverslag is die 27-jarige mnr. Desmond Witbooi Vrydag om 23:00 in Katutura deur vier mans aangerand en doodgeslaan. Die vier mans het hom glo met stokke en hul vuiste aangerand nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy van hulle gesteel het. Die oorledene is ’n oom van een van die verdagtes en hy het saam met die vier verdagtes in 'n huis gebly. Die verdagtes, in die ouderdom van 20, 19, 18 en 15, is deur die polisie in hegtenis geneem.

In die Oshuulula-nedersetting in Ondjaba is die 23-jarige mnr. Kandapo met ’n mes doodgesteek. Die voorval het Saterdag om 19:30 plaasgevind en niemand is in hegtenis geneem nie.

Mnr. Marius Jossop (26) is Saterdag om 01:00 in Tseiblaagte in Keetmanshoop met ’n onbekende voorwerp doodgesteek. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Vrydag is drie mans (38, 35 en 38) in Rehoboth in hegtenis geneem nadat hulle op die plaas Vaalhoek 25 skape gesteel het. Die verdagtes is in die besit van drie skaapkarkasse gevind. Die polisie soek nog na die res van die skape.

Volgens die polisie is ’n 40-jarige man Vrydag by die Wernhil-inkoopsentrum in Windhoek in besit van ’n luiperdvel in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%