Seun skop ma glo dood
Seun skop ma glo dood

Seun skop ma glo dood

Gewelddadige voorvalle het die naweek in verskeie dele van Namibië voorgekom.
’n Vrou is Vrydag dood ná haar biologiese seun haar glo geskop het.

Die voorval het om 20:00 in die Gcigco-nedersetting in die Kavango-Wesstreek plaasgevind.

Die 20-jarige verdagte het sy ma, me. Nipembe Behetta (57), glo herhaaldelik oor haar lyf geskop. Sy is op die toneel dood en die verdagte is in hegtenis geneem.

’n Driejarige kleuter is Sondag op Keetmanshoop dood nadat sy ma na bewering vir hom en nog ’n kleuter alleen by die huis in die Ramkamp-woonbuurt gelos het.

Shawn Vries (3) is met sy aankoms by die Keetmanshoop-staatshospitaal dood. Sy het omstreeks 16:30 by die huis gekom en hom aan die buitekant van ’n venster sien hang. Die mussie van sy jas het aan die venster vasgehaak en sy neus het gebloei. Sy het met hom na die hospitaal gehaas.

’n 40-jarige man het Sondag om 08:30 by die Okafitu Kakuni-nedersetting op Outapi met ’n haelgeweer op beeste geskiet. Van die haelkorrels het sy 66-jarige pa in die nek en bors getref. Mnr. Ignatius Nakwaya is later in die distrikshospitaal op Outapi oorlede. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Die liggaam van mnr. Albeertus Raatz (33) is in die vroeë oggendure van Saterdag op die plaas Droë Putz in die Vaalgras-omgewing by Tses gevind. Hy en sy meisie was glo Vrydagaand in ’n rusie betrokke en die beskuldigde het probeer om hulle te versoen. Die oorledene het glo die verdagte aangeval en hom herhaaldelik met ’n mes gesteek. Die verdagte, ’n 45-jarige man, is in hegtenis geneem.

Die liggaam van Imongwa Aiden (7) is Vrydag om 09:30 by die Okafitukalyokotsandi-nedersetting in die Omusatistreek in ’n gronddam gevind. Hy is Maandag as vermis by die polisie aangemeld.

Mnr. Garvet Jahumba (22) het Vrydag om 21:30 in Epukiro by sy huis inmekaar gestort. Hy is na die naaste kliniek geneem, maar is by die kliniek as dood verklaar. Hy was glo die Woensdag in ’n motorongeluk. Die polisieondersoek duur voort.

Gewapende roof

Ses gewapende mans met maskers het glo Saterdag om 22:00 in Katutura ’n deur by ’n huis oopgebreek en die slagoffer aangehou. Hulle het ’n televisiestel, twee selfone, ’n kluis, ‘n baadjie en ’n luidspreker gesteel. Hulle het met ‘n grys Nissan Note op die vlug geslaan. Die verdagtes is geïdentifiseer, maar nog nie in hegtenis geneem nie.

’n 42-jarige taxibestuurder is Saterdag om 22:00 glo in Grysblok in Katutura met ’n wapen aangehou en sy selfoon en N$350 is gesteel. Hy beweer dat die rower in die geselskap van ’n vrou was wat in die nabygeleë bosse vir hom gewag het. Hulle het saam op die vlug geslaan. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Veediefstal

’n Man is Sondag om 06:20 glo by die plaas Karachas Outjo langs die Otavi-grondpad in hegtenis geneem nadat hy ’n bok ter waarde van N$2 100 geslag het. Die 42-jarige verdagte is tydens ’n polisiepatrollie in hegtenis geneem.

Twee verdagtes onderskeidelik 49 en 55 jaar oud is Sondag in die King Kauluma-nedersetting by Oshivelo in hegtenis geneem nadat hulle glo ses beeste gesteel het. Hulle het die oormerke afgehaal en nuwe brandmerke op die beeste gesit. Al die beeste is teruggevind.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.79 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 369.12/OZ UP +0.56% | Copper US$ 5.01/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 032.80/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 82.97/BBP DOWN -0.0024 | Platinum US$ 1 045.86/OZ UP +0.20% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.79 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 369.12/OZ UP +0.56% | Copper US$ 5.01/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 032.80/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 82.97/BBP DOWN -0.0024 | Platinum US$ 1 045.86/OZ UP +0.20%