Seun (5) met kanker se gesin vra hulp
Seun (5) met kanker se gesin vra hulp
Vyfjarige met leukemie gediagnoseer
16 November 2020 | Mense
Ester Kamati
Die Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het.
Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg in September by hom getrek is. Op 6 September het hy saam met sy ouers ’n plaaslike onkologiesentrum besoek en hy is die volgende dag met akute leukemie gediagnoseer.
Ná sy diagnose is Zu-Andre vir behandeling na Windhoek verwys en sy ma, Ruzette, moes saam om hom te versorg.
Zu-Andre se vierjarige en eenjarige boeties is ’n groot bron van emosionele ondersteuning en is saam met ma Ruzette in Windhoek.
Hoewel die gesin ’n mediese fonds het, het finansies ’n groot bron van kommer vir die Labuschagne-gesin geword. Terwyl die fonds ’n groot gedeelte van die hospitaalrekeninge dek, is daar dikwels bybetalings en medikasie wat gekoop word.
Die gesin se broodwinner is pa Rudolf. Omdat die gesin in Otjiwarongo woon, moet hulle tans vir verblyf in Windhoek opdok terwyl Zu-Andre behandeling ontvang. Bykomend tot verblyfkoste is vervoer omdat Ruzette nie oor ’n motor beskik wat gebruik kan word vir vervoer na en van die hospitaal nie.
Volgens ’n familielid is Zu-Andre ’n gelukkige en energieke seuntjie.
“Jy sal hom nie sommer hartseer sien nie. Genadiglik reageer hy tot nou goed op die behandeling. Hy sou verlede week chemoterapie ontvang, maar omdat hy koors het, kon hy nie die sessie voltooi nie. Andersins gaan dit relatief goed met hom,” sê die familielid.
Zu-Andre se kanker is tans in remissie, maar die behandeling moet voltooi word voordat hy huis toe gestuur kan word. ’n Spesiale fonds is nou in die lewe geroep om met die ekstra koste te help. Vir meer besonderhede kan Rudolf by 081 204 8970 of Ruzette by 081 725 3756 geskakel word.
– [email protected]

Soortgelyk
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
25 minute gelede | Gesondheid
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
1 uur gelede | Landbou
Metro spoils its customers
2 ure gelede | Plaaslik
Vrou woon in haar motor by hospitaal
11 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
11 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
11 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
11 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
11 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
11 ure gelede | Gesondheid
Kleinadvertensies