Sestig klagtes by ACC tussen Januarie en Maart
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het 60 klagtes tussen Januarie en Maart vanjaar ontvang. Volgens die ACC is 26 uit die 60 sake gesluit, omdat daar nie redelike gronde vir verdere ondersoek gevind is nie. Nege sake is na die relevante regeringsowerhede verwys. Een uit die 21 sake wat vir ‘n volle ondersoek geoormerk is, is aan die kantoor van die aanklaer-generaal voorgelê.
Volgens die ACC is die meerderheid van die klagtes wat nie verder ondersoek is nie, gestaak weens onvoldoende, vae of ongegronde inligting wat verskaf is. Klagtes wat ontvang is, het met onder meer korrupsie verband gehou. Die wat nie korrupsieverwant is nie, is na die relevante regeringsowerhede vir optrede verwys. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie