Sestien oorleef nu00e1 minibus rol
Sestien oorleef nu00e1 minibus rol

Sestien oorleef ná minibus rol

Yandi Du Plessis
Sestien mense het 'n ongeluk oorleef nadat die Quantum-minibus waarin hulle gery het Vrydag op die Otjiwa­rongo-Kalkfeld-pad omgeslaan het. Die polisiewoordvoerder van die ­Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het Saterdag gesê die voorval het omstreeks 18:30 plaasgevind toe die 35-jarige manlike ­bestuurder na bewering 'n koedoe getref het, waarna die voertuig ­omgeslaan en op sy dak beland het. Sy het gesê die passasiers kon daarin slaag om deur die vensters te ontsnap en het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is in die Otjiwarongo-­staatshospitaal opgeneem. Die polisieondersoek duur voort.
– Nampa

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer