Sestal juniors loods aanslag
Sestal juniors loods aanslag

Sestal juniors loods aanslag

Swem
Tielman van Lill
Tielman van Lill

’n Span van ses junior swemmers vertrek Maandag na Tunisië waar hulle van 11 tot 15 September aan die 13de Afrika junior langbadkampioenskap (50 meter) van die Confédération Africaine de Natation (CANA) sal deelneem.

Die 16-jarige Hannah Murphy, Trisha Mutumbulua (15), Mikah Burger (15), Mackenzie Späth (14), Maya Stange (14) en Jose Canjulo (14) sal in die 13 tot 14 jaar en 15 tot 16 jaar ouderdomsgroepe swem.

Die vier meisies en twee seuns gaan in verskeie afstande en dissiplines by die Salle Omnisport de Radès-sportsentrum as ’n gemengde asook ’n meisiespan induik. Die swemmers durf ook die langbad in verskeie individuele items aan.

Die swemmers neem aan die volgende individuele items deel:

Murphy: 100 en 200 meter vryslag; 50, 100 en 200 rugslag; 50 en 200 borsslag; 200 individuele wisselslag;

Mutumbulua: 50, 100, 200 en 400 vryslag; 50 en 100 rugslag. 200 individuele wisselslag.

Burger: 50, 100 en 200 vryslag; 50 en 100 rugslag; 50, 100 en 200 borsslag; 50, 100 en 200 vlinderslag; 200 en 400 individuele wisselslag.

Späth: 50, 100 en 200 vryslag.

Stange: 50, 100 en 200 vryslag; 50 rugslag; 50, 100 en 200 borsslag; 200 individuele wisselslag.

Canjulo: 50, 100, 200 en 400 vryslag; 50 en 100 rugslag; 100 vlinderslag; 200 individuele wisselslag.

In die spanne se aanslag in die aflosse is die samestelling soos volg:

Gemengde ope 400 vryslag: Mikah Burger, Hannah Murphy, Trisha Mutumbulua, Jose Canjulo.

Gemengde ope 400 wisselslag: Hannah Murphy, Jose Canjulo, Mikah Burger, Trisha Mutumbulua.

Vroue ope 400 vryslag: Hannah Murphy, Maya Stange, Mackenzie Späth, Trisha Mutumbulua.

Vroue ope 400 wisselslag: Trisha Mutumbulua, Maya Stange, Hannah Murphy, Mackenzie Späth.

Die span sal deur Jane Samson (afrigter) en Amanda Burger (spanbestuurder) vergesel word.

Die Tunis-toer bied ook ’n waardevolle toets aan swemmers voor die Namibiese nasionale kortbadkampioenskap wat van 19 tot 22 September in Swakopmund plaasvind.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer