• Tuisblad
  • Sport
  • SESNASIES: Frankryk se afrigter toets positief vir coronavirus
SESNASIES: Frankryk se afrigter toets positief vir coronavirus
SESNASIES: Frankryk se afrigter toets positief vir coronavirus

SESNASIES: Frankryk se afrigter toets positief vir coronavirus

Rugby
Fabien Galthie, afrigter van Frankryk, sal ná ’n positiewe Covid-19-toets nie in die Hane se afrigtershokkie kan sit in Sondag se Sesnasies-rugbywedstryd teen Italië in Parys nie.
Die goeie nuus is egter dat daar nie ander positiewe coronavirusgevalle in die Hane se kamp is nie en dat Galthie hoofsaaklik dieselfde span kon kies as die een wat Nieu-Seeland in November oortuigend verslaan het.
Daar is slegs twee veranderings: Julien Marchand vir Peato Mauvaka op haker en Dylan Cretin vir Francois Cros op die flank. Galthie het ook besluit op vyf voorspelers en drie agterspelers op die plaasvervangersbank nadat hy slegs twee agterspeler-reserwes in die sege van 40-25 oor die All Blacks op die bank gehad het.
Galthie sal Dinsdag weer by die kamp aansluit indien hy negatief getoets word. Hy het net ligte simptome.
Die hulpafrigter Raphael Ibanez sal in sy afwesigheid in die afrigtershokkie sit.
Die Suid-Afrikaans gebore Paul Willemse, wat by Tsumeb Gimnasium skoolgegaan het, is die Hane se nr.4-slot.
• Frankryk: Melvyn Jaminet, Damian Penaud, Gael Fickou, Jonathan Danty, Gabin Villiere, Romain Ntamack. Antoine Dupont, Gregory Alldritt, Dylan Cretin, Anthony Jelonch, Paul Willemse, Cameron Woki, Uini Atonio, Julien Marchand, Cyril Baille.
Reserwes: Peato Mauvaka, Jean-Baptiste Gros, Demba Bamba, Romain Taofifenua, Francois Cros, Maxime Lucu, Yoram Moefana, Thomas Ramos.
– Netwerk24

FOTO
Fabien Galthie, afrigter van Frankryk, sal Sondag se Sesnasies-wedstryd weens die coronavirus misloop. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer