Sesjarige glo verkrag
‘n Sesjarige meisie is glo Saterdag omstreeks 12:00 in die Oshomughudi-nedersetting in die Ohangwenastreek verkrag.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was die meisie saam met ander kinders besig om donkies naby die verdagte se huis aan te jaag. Hy het haar toe glo eenkant geneem het en haar in die bosse verkrag.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
In nóg 'n geval waar ‘n 43-jarige vrou glo verkrag is, is die verdagte wel in hegtenis geneem en hy het gister in die landdroshof op Rundu verskyn.
Die voorval het Vrydagnag in die Utokota-nedersetting, in die Kavango-Oosstreek plaasgevind.
“Die 33-jarige verdagte het glo die hut van die vrou ingegaan terwyl sy geslaap het. Hy het sonder haar toestemming haar klere uitgetrek en verkrag,” lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie