Ses vas oor renosterstropery by Outjo
Ses Namibiese mans is verlede week in verband met renosterstropery by Outjo vasgetrek en beslag is op 'n voertuig gelê.
Mnre. Jan Haodom, Kamati Tchipito Mutenha, Thomas Eino en Josef Homateni Reinhard is verlede Woensdag in hegtenis geneem nadat 'n renoster in die Outjo-distrik gestroop is.
Hul medebeskuldigdes, mnre. Michael Ntsambo Jonas en Alfred Horaseb is onderskeidelik verlede Donderdag en Vrydag in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van 1 tot 7 junie van die Namibiese polisie en ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is altesaam 17 vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem en vier nuwe sake aanhangig gemaak.
Beslag is gelê op twee olifanttande en een elk renosterkarkas, ietermagô- en krokodilvel en 'n voertuig.
Op Opuwo is mnre. Rikengenena Kurooro en Karijeja Tjavara Sondag glo met twee olifanttande in hul besit in hegtenis geneem.
Mnr. Obert Sipilisa Sakutuka is ook Sondag op Katima Mulilo glo met 'n ietermagôvel in sy besit in hegtenis geneem.
Op Rundu is mnr. Romanus Ndumba verlede Donderdag glo met 'n krokodilvel vasgetrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie