Ses vas oor kameelperdjag by Kamanjab
Ses vas oor kameelperdjag by Kamanjab

Ses vas oor kameelperdjag by Kamanjab

Francoise Steynberg
Ses mans is Saterdag in die omgewing van Kamanjab in verband met die onwettige jag van ‘n kameelperd vasgetrek.


Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is die ses verdagtes omstreeks 19:40 Saterdag met die vleis van een kameelperd en ’n ongelisensieerde vuurwapen waarmee hulle glo die beskermde dier gejag het, in hegtenis geneem.

Beslag is op die vleis en vuurwapen gelê, asook op die voertuig wat tydens die jagtog gebruik is.

Die ses sal aangekla word op die ootreding van die onwettige jag en besit van ’n spesiaal beskermde wild, asook op die wet op vuurwapens en ammunisie en die besit van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie.

Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Kommentaar

Republikein 2025-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer