Ses sterftes, 408 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterfgevalle vir Namibië stoot met nog ses - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Gobabis, Oshakati, Keetmanshoop en Eenhana - op na 830. Vandag is 408 nuwe gevalle aangemeld waarvan 21 leerlinge, ses onderwysers, 16 studente en agt gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 4 033 waarvan 272 in die hospitaal en 48 in die ICU is. Tot op hede het 50 675 (91%) gevalle herstel en is 67 864 mense teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 2 066 mense in kwarantyn en 3 173 kontakte word gemonitor.
Tans is 2 066 mense in kwarantyn en 3 173 kontakte word gemonitor.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie