Ses sterftes, 300 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skuif met ses - drie in Oshakati, twee in Windhoek en een in Walvisbaai - op tot 795. Vandag is 300 nuwe gevalle aangemeld wat 26 leerlinge, vyf onderwysers, 13 studente en 12 gesondheidswerkers insluit. Die aktiewe gevalle staan tans op 3 427 waarvan 233 in die hospitaal en 52 in die ICU is. Tot op hede het 49 670 (92%) herstel en is 65 037 teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 1 695 mense in kwarantyn en 3 225 gevalle word gemonitor.
Tans is 1 695 mense in kwarantyn en 3 225 gevalle word gemonitor.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie