Ses sterftes, 177 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftesyfer sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar skuif met ses - vyf in Windhoek en een in Keetmanshoop - op tot 689. Vandag is 177 nuwe gevalle aangemeld waarvan 13 leerlinge, drie onderwysers en drie gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 070 waarvan 192 in die hospitaal en 43 in die ICU is. Tot op hede het 47 300 (94%) gevalle herstel.
Tot op hede is 37 819 mense teen Covid-19 ingeënt, 1 285 mense is in kwarantyn en 3 392 kontakte word gemonitor.
Tot op hede is 37 819 mense teen Covid-19 ingeënt, 1 285 mense is in kwarantyn en 3 392 kontakte word gemonitor.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie