Ses sterf in vroeë oggendure
Tanja Bause
'n Motorongeluk tussen Windhoek en Okahandja het gister om 05:45 die lewens van ses mense geëis.
Vyf mense was in 'n sedan van Okahandja na Windhoek op pad. In 'n nutsvoertuig op pad Okahandja toe was net die bestuurder.
Die sedan het in die botsing aan die brand geslaan en vier van die insittendes het in die voertuig verkool.
'n Vyfde persoon is uit die sedan geslinger en het op die toneel gesterf.
Die bestuurder van die nutsvoertuig het ook op die toneel gesterf.
“Ek het om 06:50 by die ongeluk verby gery en die brandweer en noodpersoneel was op die toneel. Die ongeluk het 44 km buite Windhoek naby die polisie se padblokkade gebeur.
“Toe ek by die ongeluk verby gery het, het ek een oorledene in die pad onder 'n kombers sien lê.
“Ek het die gevoel gekry die oorledene kon dalk 'n minderjarige wees,” het 'n omstander, wat anoniem wou bly, gesê.
“In die stadium kan ek net bevestig ses mense het gesterf. Ek kan geen verdere inligting gee nie omdat die naasbestaandes nog nie daarvan ingelig is nie,” het hoofinsp. Petrus Shipepe van die Okahandja-polisiekantoor gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie