Ses positief by Nujoma-huis
Tuyeimo Haidula
Namibië se stigterspresident, dr. Sam Nujoma, se private dokter, dr. Tshali Iithete, het gesê een van Nujoma se sekuriteitspersoneellede is verlede week aan Covid-19 dood.
Hy het gevolglik 'n versoek vir massatoetsing aan dié man se kontakte gerig. Nujoma het Sondag positief getoets en is by die Mediclinic in Windhoek opgeneem, waar hy tans behandeling ontvang.
Die resultate het gewys dat ses ander mense, insluitend Nujoma se private verpleegster en sy motorbestuurder, positief vir die virus getoets het.
Hy sê Nujoma het begin hoes en ander simptome van Covid-19 getoon. Hy het versoek dat die 91-jarige getoets word, asook almal rondom hom.
“Hy is in 'n baie stabiele toestand en reageer goed op behandeling. Ek het net as 'n voorsorgmaatreël versoek dat hy in die hospitaal opgeneem word – vanweë sy ouderdom,” het hy gesê.
Iithete, wat ook Ongwediva Medipark se besturende direkteur is, sê Nujoma se vrou, Kovambo, het negatief getoets.
Hy sê 'n versoek is gerig aan die wat in Nujoma se huis in Windhoek woon om dit te ontruim sodat dit ontsmet kan word – dieselfde met sy kantoor.
Hy sê sodra Nujoma herstel het en uit die hospitaal ontslaan word, sal hy na sy plaas geneem word om weg te kom van die stad.
Pres. Hage Geingob het gister 'n openbare aankondiging gemaak dat Nujoma in 'n hospitaal behandel word en in 'n stabiele toestand is en ook bemoedigende tekens van herstel toon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie