Servikale sorg vir vroue
Pink Ribbon Red Ribbon begin eersdaags in Windhoek met voorkomende ondersoeke en behandeling vir servikale kanker.
Henriette Lamprecht
'n Spesiale samewerkingsooreenkoms is tydens oudpresident George W. Bush en sy vrou Laura se besoek aan Windhoek by die hoofstad se sentrale hospitaal onderteken. Pink Ribbon Red Ribbon, wat by die George W. Bush-instituut ingeskakel is, gaan binne die volgende paar maande by dié hospitaal met roetine ondersoeke en behandeling vir servikale kanker begin.
Die doel van die ondersoeke is om pre-kankeragtige letsels tydens dieselfde besoek betyds te ontdek en te behandel.
Servikale kanker is een van die mees algemene vrouekankers in Namibië en dwarsoor Afrika suid van die Sahara, maar is ook een van die mees voorkombare kankers. Servikale kanker is ook vyf keer meer algemeen onder vroue wat met MIV saamleef as dié wat MIV-negatief is.
Die organisasie se betrokkenheid in Namibië volg op die Globale Fonds vir die Bestryding van MIV/vigs, tuberkulose (TB) en malaria en Pink Ribbon Red Ribbon wat kragte saamgesnoer het om servikale kanker hok te slaan.
Gereelde, voorkomende ondersoeke en behandeling is 'n topprioriteit.
Pink Ribbon Red Ribbon sal as deel van uitreikingsprogramme van die Globale Fonds nou servikale kanker by die programme inlyf. Dit sal voorts voortbou op die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat reeds in verskeie lande ontplooi is.
“Soos ons voortgaan om vigs, TB en malaria te bekamp, is dit ook noodsaaklik om siektes te takel wat die lewens van mense eis wat andersins gered kon word,” het me. Marijke Wijnroks van die Globale Fonds verduidelik.
“Om met Pink Ribbon Red Ribbon saam te werk, maak sin omdat hulle reeds daarin slaag om die lewens van vroue en meisies van kanker in omgewings te red waar hulpbronne min is. Saam kan ons ons kennis en hulpbronne deel om die toenemende risiko en negatiewe impak van servikale kanker vir vroue wat met MIV/vigs saamleef, te verminder.
“Pink Ribbon Red Ribbon se sukses is gewortel in die toewyding van regerings en die krag van sy venootskappe,” sê me. Celina Schocken, hoof uitvoerende beampte van die organisasie.
“Dit is die ondersteuning van regerings in lande waar ons werksaam is, wat ons in staat stel om 'n impak te hê. Ons is baie bly dat die Globale Fonds sy finansiering vir servikale kanker in Namibië en ander lande herprogrammeer. Dié finansiering sal lande help om die gepaste hulpbronne soos toerusting, opleiding en menslike kapitaal te bekom wat nodig is om servikale kanker te voorkom en te behandel en voorts ook te verseker dat vroue gesonde, produktiewe lewens kan lei.”
Amerika se globale vigskoördineerder en spesiale verteenwoordiger vir Globale Gesondheidsdiplomasie, dr. Deborah L. Birx, het haar dankbaarheid uitgespreek dat die organisasie nou deel van die bestaande Pepfar-platform is.
“Ons moet verseker dat vroue wat MIV danksy toegang tot lewensreddende antiretrovirale behandeling oorleef het, se lewens nie deur servikale kanker geëis word nie. Die integrasie van dienste vir MIV en servikale en borskanker het 'n reuse-impak op vroue se lewens,” het mnr. Michel Sidibé, uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se program vir MIV/vigs (Unaids) gesê.
“As 'n stigtersvennoot van Pink Ribbon Red Ribbon verwelkom ons die skep van dié nuwe finansieringskanaal. Ons sal voortgaan om politieke toewyding rondom die integrasie van gesondheidsdienste en werk met regerings en gemeenskappe te bou om vroue se gesondheid as deel van pogings om die vigs-pandemie teen 2030 te beëindig, te verbeter.”
*Pink Ribbon Red Ribbon is 'n onafhanklike openbare-private vennootskap wat by die George W. Bush Instituut ingelyf is en fokus op gekoördineerde aksie om die lewens van vroue en meisies van kanker in lande met min hulpbronne te red. Dit is verbind tot die verskaffing van dienste gemik op die voorkoming en behandeling van servikale- en borskanker. Pink Ribbon Red Ribbon ontwerp met die hulp van nasionale regerings en nieregeringsorganisasies volhoubare programme wat vroue en meisies toegang gee tot die sorg wat hulle nodig het. Die organisasie ondersteun tans programme in Namibië, Botswana, Peru, Zambië, Tanzanië en Ethiopië. Vir meer inligting, besoek http://pinkribbonredribbon.org

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie