Serra Cafema kry 'n nuwe baadjie
Wilderness Safaris se Serra Cafema Camp sal in Junie aanstaande jaar sy deure weer open, nadat dit in Januarie 2018 vir opknappings gesluit sal word.
Die afgeleë kamp is in die verre noordweste langs die Kunenerivier en met 'n uitsig oor die Hartmannsvallei geleë.
“Ons gaan die kamp herbou en beoog om dit weer op 16 Junie 2018 vir toeriste oop te maak,” het mnr. Mike Wassung, bestuurder van Wilderness Safaris Namibia, gesê.
Die nuwe kamp sal 100% deur sonkrag aangedryf word. Dit word gebou met 'n baie ligte ekovoetspoor om minimale impak op sy woestynomgewing te verseker, terwyl dit terselfdertyd fokus op die viering van die plaaslike Himba-kultuur, een van die laaste ware nomadiese mense op die planeet.
Serra Cafema Camp sal steeds eksklusief bly, met net agt kamers wat op die rivier geleë is. Die kamers is uit hout, seil en grasdakke gebou sodat dit met die omgewing saamsmelt.
sonkragstelsel
Daar is reeds met die installering van die sonkragstelsel begin, asook die konstruksie van verblyfsgeriewe vir personeel 'n ent weg van die kamp.
Besoekers aan Serra Cafema het nie net die geleentheid om die plaaslike Himba's te ontmoet nie, maar kan ook wanneer die riviervlak hoog genoeg is, met 'n bootrit krokodille gaan soek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie